Standbeeld van Freddie Mercury op Suid-Koreaanse eiland onthul

‘n Lewensgrootte bronsstandbeeld van die ontslape sanger van Queen, Freddie Mercury, is naby die strand op Jeju-eiland in Suid-Korea onthul. Dit is danksy Baek Soon-yeob, ‘n sakeman en Queen-aanhanger. Die standbeeld het hom sowat 580 000 Namibiese dollar gekos.