Meatco stel jaarvergadering uit

Meatco se jaarvergadering is van 30 Junie vanjaar tot 16 Augustus uitgestel. In ‘n omsendskrywe sê die maatskappy die stap is genoodsaak om dit uit te stel na die bedanking van sy hoof finansiële beampte wat ‘n tussentydse aanstelling veroorsaak het. Daar is ook ‘n rotasie in die firma se oudit-vennoot.