Mbumba kan nie Jerry se wette bekragtig nie

As oppergesag van die land, verbied die Grondwet al die drie hooforgane van die staat om enigiets te doen wat enige van die fundamentele menseregte afskaf, inperk of skend. Dus enige wet of aksie wat buite die bepalings van Grondwet aangeneem word is nietig. Dit is die mening van die menseregte-kenner Phil ya Nangoloh, dus kan president Nangolo Mbumba nie Jerry Ekandjo se wetsontwerpe bekragtig nie.