Kamala Harris toets positief vir Covid-19 

Die Amerikaanse vise-president Kamala Harris het positief vir Covid-19 getoets. Volgens die Withuis het sy nie simptome nie en word nie beskou as ‘n huidige nabye kontak van President Joe Biden nie. Haar perssekretaris sê Harris sonder haarself af en werk steeds van die vise-president se woning af. Meer as 900 000 mense in Amerika is nou reeds aan Covid-19 dood, wat tydens die hoogtepunt van die pandemie meer as drie-duisend lewens per dag geëis het. Tans sterf omtrent 300 tot 400 mense elke dag in die wêreld se rykste land aan Covid.