Maradona se Golden Ball gaan onder die hamer

Die 1986 Wêreldbeker Golden Ball-trofee van die Argentynse sokkerlegende, Diego Maradona, gaan volgende maand opgeveil word. Die toekenning wat glo gesteel is, het in 2016 weer te voorskyn gekom uit ‘n privaatversameling wat in Parys opgeveil is. Maradona wat in 2020 oorlede is, het die toekenning verower na hy Argentinië na ‘n Wêreldbekeroorwinning in Mexiko gelei en waar hy vyf doele aangeteken het. Dit is die eerste Golden Ball wat opgeveil word.