Napha hou algemene jaarvergadering op 28 en 29 November

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, se algemene jaarvergadering gaan vanjaar oor twee dae plaasvind op 28 en 29 November met die tema Jag en die Natuur. Volgens die president van Napha, Axel Cramer, gaan internasionale gaste reeds op 26 November in Namibië aankom en op 27 November gaan hul jaarlikse pret-skietdag aangebied word. Die jaarvergadering, veiling en gala-dinee vind op 28 November plaas, terwyl die tweede dag slegs vir lede en genooide gaste oop is.