George: Is bouregulasies nagekom?

Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra ʼn spoedige ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die gebou in George in die Wes-Kaap. Sewe werkers is dood en 39 word nog vermis terwyl reddingsoperasies voortduur. GOOD se woordvoerder, Ricky Seekoei, sê diegene betrokke by die projek se bouwerk en munisipale gebou-inspekteurs moet antwoorde verskaf of bouregulasies nagekom is: