Aanpassings in voedselverbouing kan uitlatings met derde verminder

Die wêreldwye voedselverbouingstelsel bied ‘n reuse geleentheid om byna ‘n derde van die wêreld se kweekhuisgas-uitlatings te verminder deur bekostigbare en geredelik beskikbare optredes. Volgens ‘n nuwe Wêreldbankverslag is die voedselverbouingstelsel ‘n onontginde bron van lae-koste moontlikhede teen klimaatsverandering. Axel van Trotsenburg van die Wêreldbank sê deur net eenvoudig die manier te verander waarop middel-inkomstelande gebiede soos woude en ekostelsels vir voedselverbouing gebruik, kan gasuitlating deur die sektor teen 2030 met ‘n derde verminder word.