Kaapstad se parlementsgebou brand

Alle nooddienste in die gebied is ontplooi na die parlementsgeboue in Kaapstad en volgens berigte uit die buurland, word nog personeel na die toneel gestuur, na ‘n brand vanoggend omstreeks half-ses in die ou vergaderingsgebou uitgebreek het. ‘n Groot rookwolk kan in die gebied gesien word. Die brand beweeg nou in die rigting van die Nasionale Vergadering. Dit wil voorkom asof die brand uitgebreek het in kantore op die derde vloer naby die ou vergadering. Die gebou het drie afdelings – die oudste deel wat in 1884 voltooi is en dan die twee nuwe aanbouings, een wat in die 1920s voltooi is en die jongste een in 1980 wat die Nasionale Vergadering huisves. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.