Gesinne van Gaza-gyselaars soek internasionale hulp

Gesinne van gyselaars wat in Gaza aangehou word, het Amerika en ander lande versoek om druk op Israel te plaas vir ‘n ooreenkoms met Hamas. Ná geringe tekens van vordering met samesprekings vir ‘n wapenstilstand in die sewe maande lange oorlog, sê die forum vir gyselaars en vermiste gesinne nou hulle het ‘n aantal lande gevra om op ‘n ooreenkoms aan te dring. Tydens die aanval op 7 Oktober het Palestynse militantes sowat 250 gyselaars geneem. Israel raam daar is nog 128 in Gaza, insluitend die 35 wat volgens die weermag dood is.