MTC sal help om misdaad in Whk te bekamp

Die Windhoek munisipale raad en MTC het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken wat sal meebring dat die twee partye meer tegnologie sal aanwend om misdaad in die stad te help bekamp. MTC sal steun verleen vir die Stad Windhoek se veilige stad-konsep in samewerking met die Stadspolisie, om kringtelevisie-toerusting en die installering daarvan te befonds. Die ooreenkoms sal ook toekomstige veiliger stadsinisiatiewe ondersoek. MTC se besturende direkteur, dr. Licky Erastus, het by die ondertekeningseremonie die belangrikheid van die gebruik van tegnologie beklemtoon om maatskaplike uitdagings op te los en die nasionale ontwikkelingsagenda te dryf. Hy het beklemtoon dat MTC as ‘n digitale drywer gereed is vir vennootskappe wat digitale slim oplossings behels.