Begroting uiteindelik bekragtig

President Nangolo Mbumba het uiteindelik die begroting van net meer as 100 miljard Namibiese dollar bekragtig. Dit beteken die fondse, soos deur die regering benodig, kan vrygestel word en die verhoging in maatskaplike toelaes kan intree. Beide die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad het die begroting sonder enige wysigings goedgekeur. Dit is baie laat omdat die begroting wat reeds in Februarie ter tafel gelê is, normaalweg in April bekragtig word.