George: Soek en redding duur nog vir drie dae

Wes-Kaapse Rampbestuur sê almal wat nog vasgekeer is onder die puin van die ineengestorte verdiepinggebou in George, sal vir die volgende drie dae as lewend beskou word. Soek- en reddingspogings duur intussen voort. Sewe van die 75 konstruksiewerkers wat op die terrein was ten tyde van die ineenstorting, is dood, terwyl 39 vasgekeer is. Die hoof van Wes-Kaapse Rampbestuur, Colin Deiner, sê hulle het begin om die lae rommel te verwyder: