Hongkong se ivoorverbod is in werking

‘n Verbod op die verkoop van ivoorprodukte in Hongkong het in werking getree. Die wet is die hoogtepunt van ‘n proses van drie jaar om die eens uitgebreide bedryf in dié stad uit te skakel. Oortreders kan ‘n maksimum boete van 20 miljoen Namibiese dollar en tien jaar gevangenisstraf in die gesig staar. Die verbod beperk invoer, heruitvoer en kommersiële besit van olifant-ivoor. Daar is egter ‘n uitsondering ten opsigte van antieke stukke wat dateer vóór 1925. Hongkong het in Augustus verlede jaar ‘n wet promulgeer wat die handel in natuurlewe as ‘n georganiseerde misdaad-probleem geklassifiseer het.