Kaapstad moedig groentetuine in oop ruimtes aan

‘n Huiseienaar van Tshwane is in ‘n stryd met die munisipaliteit gewikkel om sy groentetuin op die sypaadjie te bou. Terselfdertyd het die burgemeesterskomiteelid vir stedelike ontwikkeling in Kaapstad, Grant Twigg, egter inwoners in die Stad Kaapstad aangemoedig om blomme en groentetuine in oop ruimtes aangrensend aan hul eiendomme te kweek, mits dit in ooreenstemming met die stadsverordeninge is.