Namibiese kabinet bekragtig Sasscal

Die Namibiese kabinet het die Verdrag van die Suider-Afrikaanse Wetenskapdienssentrum vir Klimaatsverandering en Grondbestuur, Sasscal, bekragtig. Die landbouministerie in samewerking met die ministerie van internasionale betrekkinge moet nou die bekragtiging van die verdrag in die parlement ter tafel lê.