Julius Malema sê oor koalisie-vorming

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê hy sal geen politieke partye ondersteun wat hom nie genader het vir koalisie-samesprekings nie. Hy het die volk op hoogte gebring oor die stand van koalisieregerings in munisipaliteite. Sy span het met ActionSA, die IVP, die ANC en baie ander kleiner organisasies vergader om die vorming van koalisies in munisipaliteite te bespreek. Malema sê die EFF sal alle Suid-Afrikaners mettertyd inlig oor hul koalisiegesprekke en ooreenkomste.