Saccawu se staking gaan 229 winkels op Swart Vrydag raak

Die vakbond Saccawu sê hy gaan kopers volgende week op Swart Vrydag keer om by die Massmart-groep se winkels te koop nadat hy ‘n onbepaalde staking aangekondig het wat hierdie Vrydag begin. Die winkels sluit Makro, Game, Builders Warehouse, Builders Express en Rhino Cash and Carry in. Saccawu eis dat werknemers verhogings van 500 rand kry terwyl ‘n afdeling van die groep, Massbuild, slegs 320 rand aanbied. Saccawu se adjunk-hoofsekretaris, Mduduzi Mbongwe, sê die staking sal 229 winkels raak.