Julie-onluste het gaping tussen polisie en gemeenskappe ontbloot

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die onluste in Julie verlede jaar het gewys dat hervorming in sekerheidsdienste nodig is terwyl dit terselfdertyd die gaping blootgelê het tussen die polisie en die gemeenskappe wat hulle dien. Meer as 300 mense is in Gauteng en KwaZulu-Natal dood tydens onluste wat ontstaan het nadat oudpresident Jacob Zuma tronkstraf opgelê is. Cele sê die week lange wetteloosheid in Julie bly een van donkerste tye in die land se demokrasie. Hy sê die polisie is daartoe verbind om hulle verhouding met gemeenskappe te versterk en te herbou.