Nigeriese kunstenaar se olieverfskildery van koningin Elizabeth pryk op tydskrif-voorblad

Die Nigeriese kunstenaar Oluwole Omofemi se olieverfskildery van koningin Elizabeth verskyn op die voorblad van Julie-maand se Tatler-tydskrif. Die skildery is geïnspireer deur ‘n 1950-skildery van die monarg en bevat elemente van die oorspronklike foto. Dit sluit die koningin se George-staatskroon-tiara en Nizam van Hyderabad-halsnoer in. Omofemi sê die portret beeld die koningin se krag, elegansie en waardigheid uit wat haar 70-jaar op die troon kenmerk. Omofemi sê dis die belangrikste projek wat hy tot dusver aangepak het.