Bank Windhoek spog met nuwe tegnologie by OTM’s

Bank Windhoek het die eerste kontaklose-geaktiveerde funksie vir hul OTM’s wat kontant aanvaar, bekend gestel. Bank Windhoek is die eerste finansiële instelling in Namibië wat die funksie moontlik maak. Die kontaklose kenmerk se belangrikste voordele is om die kaart-verifiëringsproses te versnel en onnodige kontak met toestelle te beperk. Bank Windhoek se bedryfsbestuurder, David Nell, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.