Drie Etosha ‘stropers’ geïdentifiseer

Die drie vermeende stropers wat op 16 November in Etosha dood is in ‘n skietgeveg met NamPol se teenstropery-eenheid, is geïdentifiseer. Hulle was Elifas Kapembe, 24, Nicky Andreas, 33 en Immanuel Petrus, 23. Almal is Namibiese burgers. Hulle is dood na die teenstropery eenheid hulle gespoor het in die park. Hulle is deurnag agtervolg en […]

Read More

Nuwe wet reguleer eiendomsbedryf

Die Wet op Eiendomsagente 112 van 1976 is vervang deur die Wet op Eiendomspraktisyns van 2024. Die president het reeds die wet onderteken en dit is nou in werking. Dit sluit alle eiendomspraktisyns in, nie net eiendomsagente nie. Die wet vereis ook dat die Namibiese Eiendomsagenteraad hernoem word na die Eiendomspraktisyns Regulerende Owerheid. Kosmos 94.1 […]

Read More

Repokoers in SA af met 25 basispunte, SARB verwag groei

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, is optimisties oor die land se ekonomiese groei en voorspel teen 2027 ‘n groei van 2 persent in die bruto binnelandse produk. Daar is wel gemengde ekonomiese data, insluitend gedempte vervaardigingsprestasie en ‘n bemoedigende toename in werksgeleenthede. Kganyago verwag voortgesette hervormings in sektore soos elektrisiteit en vervoer […]

Read More

Pam Bondi nuwe benoeming vir prokureur-generaal na Gaetz onttrek

Matt Gaetz, Donald Trump se keuse as prokureur-generaal, het sy naam onttrek uit oorweging vir die rol. Hy het in ’n verklaring op X gesê die omstredenheid rondom sy benoeming het “onregverdig ’n afleiding geword vir die kritieke werk van die Trump/Vance-oorgang”. Gaetz is die onderwerp van ‘n Huis Etiekkomitee-verslag wat ontstaan het na bewerings […]

Read More

Rusland val aan met mediumafstand missiel, rig waarskuwing uit

Russiese president Vladimir Putin het bevestig dat Rusland ‘n hipersoniese mediumafstand ballistiese missiel op ‘n Oekraïnse militêre terrein afgevuur het. Hy het die Weste gewaarsku dat Moskou die reg het om lande te tref wat Kiëf van langafstandwapens voorsien. Die Russiese leier het in ‘n onaangekondigde televisietoespraak aan die nasie gesê Rusland het die nuwe […]

Read More

Min onderwysposte, oorplasings bekommer Tucna

Gegradueerde onderwysers is bekommerd omdat hulle nie onderwysposte kry nie, met baie wat glo dat om ‘n werk te kry nou “konneksies” of onetiese praktyke soos omkopery vereis. Verlede jaar het die onderwysministerie 740 poste gevul, met nog 750 wat na verwagting vanjaar geadverteer en gevul sal word. Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Tucna, het met […]

Read More

WVF betaal R2,9 miljard in uitstaande eise uit

Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het aangekondig die Werkloosheidsversekeringsfonds het 2,9-miljard-rand in uitstaande eise uitbetaal tydens die eerste helfte van die boekjaar. Meth het die Parlement toegespreek en die vinnige verwerking van 99-persent van die goedgekeurde eise binne tien werksdae uitgelig. Meth het die Portefeuljekomitee verseker van voortgesette pogings om die Ouditeur-Generaal […]

Read More

Voedselonsekerheid in Afrika neem toe

Die Navorsingsnetwerk vir Voedselstelsels in Afrika waarsku die toename in voedselonsekerheid vereis onmiddellike ingryping en gekoördineerde globale optrede. Meer as 129 000 mense in Afrika word deur hongersnood in die gesig gestaar. Dr. Elizabeth Mkwandawire van die netwerk sê talle faktore dra by tot die huidige voedselkrisis met konflikte en klimaatsverandering as die hoofoorsake. Sy […]

Read More

Kohli ‘lyk onheilspellend goed’ voor eerste toets in Aus

Krieket: Indië se waarnemende kaptein, Jasprit Bumrah, hou vol die span het geen letsels oorgehou nadat Nieu-Seeland hulle in die toetsreeks oorrompel het nie. Hy waarsku Australië hulle ster-kolwer, Virat Kohli, vertoon onheilspellend goed. Indië is gereed vir die eerste van vyf toetse teen Australië wat môre in Perth begin na hulle eerste nederlaag in […]

Read More

Mediadekking van politieke partye nou meer gelyk

Die media moniteringsprojek het ‘n inligtingsessie gehou oor hul jongste bevindinge rakende die mediadekking van politieke partye. Met die verkiesing binne enkele dae, het die projek gevind dat die dekking van Swapo afgeneem het en dat die speelveld meer gelyk is ten opsigte van mediadekking van alle partye. Navorser Christie Keulder het die bevindinge aangebied.

Read More