ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoereJune 19, 2025

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook ‘n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die ondersoek.

Sy verseker die publiek dat die kommissie steeds verbind is tot die bekamping van korrupsie.