
ActionSA ontevrede met nuwe Johannesburgse burgemeester - August 10, 2021
ActionSA beskuldig die ANC dat hy nie geloofwaardige leierskap aan Johannesburg verskaf nie. Dit volg nadat Jolidee Matongo as nuwe burgemeester verkies is. Die organisasie sê Matongo was die ontslape burgemeester Geoff Makhubo se regterhand en sal waarskynlik voortgaan met korrupsie en diensleweringsbeloftes wat nie nagekom word nie. Die woordvoerder, Sabelo Chalufu, sê Matongo het […]
Ietermagôsmokkelaars, kameelperdjagter kry stewige vonnisse - August 10, 2021
Twee Namibiese ietermagôsmokkelaars en ‘n kameelperdjagter is stewige vonnisse opgelê. Matheus Mughoghora Mukoya en Steven Kahengutji het ‘n boete van 30 000 Namibiese dollar of gevangenisstraf van vyf jaar gekry nadat hulle op 8 Junie verlede jaar met ‘n ietermagôvel in hul besit by Mukwe in die noordooste van die land vasgetrek is. Die kameelperdjagter, […]
Mango-lugredery in vrywillige sakeredding geplaas - August 10, 2021
Die laekoste-lugredery Mango is in vrywillige sakeredding geplaas. Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het ‘n aansoek vanaf drie vakbonde om Mango in sakeredding te plaas van die hand gewys. Die hof het eerder ‘n aansoek van die lugredery self aanvaar om dit vrywillig te mag doen. Die Mango Vlieëniersvereniging, die National Union of Metal Workers […]
Namibiërs trek ‘Lean on Me’ ‘n nuwe baadjie aan - August 10, 2021
Gondwana Collection Namibia het saam met plaaslike kunstenaars gewerk om die Amerikaanse sanger, Bill Withers, se bekende liedjie, Lean on Me, ‘n nuwe baadjie aan te trek om Namibiërs weer ‘n rede te gee om te glimlag. Gondwana Collection Namibia se handelsmerkbestuurder, Jescey Visage, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n inspirerende liedjie […]
Jolidee Matongo is Stad Johannesburg se nuwe burgemeester - August 10, 2021
Stad Johannesburg se burgemeesters-komiteelid vir finansies, Jolidee Matongo, is verkies tot nuwe burgemeester van die Goudstad. Hy sal Geoff Makhubo opvolg, wat onlangs aan Covid-19 dood is. Matongo is onbestrede verkies. Hy het die stadsraad gevra om politieke geskille opsy te skuif en die behoeftes en daaglikse ervarings van die stad se inwoners voorop te […]
Geingob sê Namibiërs skrik beleggers af - August 10, 2021
President Hage Geingob het uitgevaar teenoor Namibiërs wat potensiële beleggers afskrik. Hy het sy ontevredenheid vandag tydens ‘n welwillendheidsbesoek van Craig Steinke, die uitvoerende hoof van die Kanadese olie- en gasmaatskappy, ReconAfrica, uitgespreek en gesê hierdie mentaliteit het die land al talle beleggingsgeleenthede gekos. ReconAfrica is besig met eksplorasiewerk vir olie en gas in die […]
Gewese SA minister van verdediging is nuwe speaker van Nasionale Vergadering - August 10, 2021
Die ANC het die gewese minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, as nuwe speaker van die Nasionale Vergadering benoem. Adjunk-speaker Lechesa Tsenoli het in die pos waargeneem sedert die bevordering van Thandi Modise, wat Mapisa-Nqakula as minister vervang het. Die benoeming is vandag op ‘n vergadering van senior ANC-leiers aangekondig. Die party het deur ‘n aanlyn […]
Misdadigers wend hulle tot toordokters om nie gevang te word nie - August 10, 2021
Die Erongo-polisie sê daar is toenemende misdaadsake waar misdadigers hulle tot toordokter-poppe wend om nie gevang te word nie. Die verdagtes ontvang na bewering die poppe van toordokters wat glo vir hulle geluk bring. Een van die verdagtes is in besit van ‘n poppie en krale gevind wat hy beweer deur ‘n bekende toordokter naby […]
Studente ly weens vertraging van betaling van Studentefonds - August 10, 2021
Daar is ‘n vertraging in die betaling van onderrig- en nie-onderrigfooie vir studente wat deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente befonds word. Dit bring frustrasie mee onder studente wat sedert die begin van Julie wag. Met die aanlynklasse wat vir tersiêre studente begin het, het dit ‘n verwoestende impak op hulle weens ‘n gebrek […]
Bevindinge oor klimaatsverandering moet SA laat wakker skrik - August 10, 2021
Die DA sê die bevindinge van die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering met die titel Klimaatsverandering 2021: Die Fisiese Wetenskaplike Grondslag behoort Suid-Afrikaners te laat wakker skrik. ‘n DA-parlementslid, Dave Bryant, sê op grond van hierdie bevindinge sal hulle voortgaan om druk uit te oefen vir groter verskeidenheid in Suid-Afrika se energie-model te kry […]