
Johannesburgers gemaan teen meterknoeiery, vandalisme, kragdiefstal - August 10, 2021
City Power het inwoners van Johannesburg aangemoedig om nie voort te gaan met meterknoeiery, onwettige verbindings, diefstal van elektrisiteit, vandalisme en infrastruktuur-diefstal nie. Die nie-tegniese verliese wat City Power gely het, beloop twee miljard rand. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê dit beïnvloed nie net sy inkomste-insameling en dienslewering negatief nie, maar lei ook […]
TikTok die meeste in 2020 afgelaai - August 10, 2021
Die Chinese video-delingsplatform TikTok was verlede jaar die toepassing wat die meeste ter wêreld afgelaai is. Volgens die digitale ontledingsmaatskappy, App Annie, was dit ook die enigste toepassing onder die top vyf wat nie aan Facebook behoort nie. Facebook, Facebook Messenger, Instagram en WhatsApp maak die res van die groot vyf uit. TikTok se gewildheid […]
Taliban versterk sy greep op die noorde van Afganistan - August 10, 2021
Die Taliban het sy greep op die noorde van Afganistan versterk terwyl die bevelvoerder van ’n pro-regeringsburgermag gesê het hulle sal tot die dood toe baklei om Mazar-i-Sjarif, die grootste stad in die noorde, te verdedig. President Asjraf Ghani het streekleiers om hulp gevra om sy beleërde regering te ondersteun nadat die Taliban beheer oor […]
Stad Kaapstad: Inwoners gaan kragstygings voel - August 10, 2021
Die Stad Kaapstad sê hoewel hy meer van die onlangse styging in elektrisiteitstariewe absorbeer as enige ander metro in die land, sal verbruikers dit steeds voel nadat die nuwe tariewe op 1 Julie in werking getree het. Munisipaliteite moet nou ‘n verdere 17,8 persent bydra om elektrisiteit by Eskom te koop, wat die stad gedwing […]
Wêreldleeudag vandag herdenk - August 10, 2021
Die bewaringsorganisasie Blood Lions sê vandag op Wêreld-leeudag vanjaar se herdenking het ‘n meer positiewe betekenis aangesien Suid-Afrika die einde van die kommersiële leeubedryf vier. Die organisasie verduidelik ‘n proses van openbare deelname is voltooi nadat die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, ‘n aankondiging gemaak het en na die publisering van ‘n konsepbeleid oor beleidsposisies. Die […]
Agt Covid-sterftes in vyf distrikte - August 10, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in vyf distrikte aangekondig, asook 304 nuwe gevalle uit 1 213 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 25 persent verteenwoordig. In die groep is 41 leerders, sewe onderwysers, ses studente en vyf gesondheidswerkers. Daar is 16 417 aktiewe gevalle, waarvan 343 gehospitaliseer is en 62 in intensiewesorg.
Zuma-saak tot September uitgestel - August 10, 2021
Advokaat Dali Mpofu het voorgestel die korrupsiesaak van oudpresident Jacob Zuma verskuif na 9 en 10 September. Zuma se regspan doen vandag aansoek om die saak uit te stel in afwagting van die uitslag van ‘n mediese verslag oor Zuma se gesondheid. Regter Piet Koen het Mpofu instruksie gegee om Zuma se mediese verslag af […]
Onverklaarde rykdom? Jy moet bewys - August 10, 2021
Die wêreld kan moontlik binnekort baie warm raak vir korruptes wat nie kan beyws hoe hulle hul rykdom bekom het nie. Die Namibiese Finansiële Intelligensiesentrum beaam om wetgewing daar te stel wat persone met rykdsom wat onverklaarbare rykdom en, of bates het, te dwing om dit te bewys voor ‘n hof, eerder as wat die […]
Bokspan vir Saterdag word vandag bekend gemaak - August 10, 2021
Die Springbokspan wat Saterdag in Gqeberha teen Argentinië speel in hul eerste wedstryd van die Rugby-kampioenskap, word vandag aangekondig. Na verwagting sal verskeie uitgeruste spelers ingesluit word na die fisiek-uitputtende reeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die hulp-afrigter van die Springbokke, Deon Davids, sê hulle wil die rotasie van spelers hierdie week oorweeg en […]
Turkse-operasie konfiskeer 4 122 oudhede - August 10, 2021
Turkse owerhede het 76 verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op 4 122 oudhede in ‘n grootskaalse operasie, ‘Anatolia’. Volgens Turkse media is klopjagte uitgevoer by 108 adresse in 30 provinsies regoor die land. Verdere klopjagte is ook in Serwië, Kroasië en Bulgarye uitgevoer. Anatolia is geloods nadat aanklaers in Turkye bepaal het dat […]