
Nuwe data van satellietsenders op kameelperdsterte verkry - August 31, 2021
Nuwe data is reeds verkry van die vier nuwe satellietsenders wat onlangs op die sterte van kameelperde in die Etosha Nasionale Park en die Ehirovipuka-bewaringsgebied geplaas is. Dit is deur die kameelperdnavorser Jackson Hamutenya van die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum gedoen in samewerking met die omgewingsministerie, die Giraffe Conservation Foundation […]
Delhra: Woestynleeus se nood is hoog - August 31, 2021
Dit gaan nie goed met Namibië se sogenaamde woestynleeus nie, volgens Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid, oftewel Delhra. Die Smits het vir drie weke in die Kunenestreek na die leeus gaan soek. Smit sê die leeus is tans in die berge en valleie wat moeilik begaanbaar is. Hy sê van die diere […]
Oliekol van Sirië kan Ciprus bedreig - August 31, 2021
Satellietbeelde wys hoe die oliekol noordwaarts van Sirië en dan ooswaarts in die rigting van Ciprus versprei. Wetenskaplikes reken dit kan die noorde van die eiland onder Turkse beheer later vandag bereik. Volgens internasionale media sê die Cipriese regering hy is gereed om bystand te verleen indien hy gevra word. Turkye sê intussen hy het reeds maatreëls ingestel […]
Namibiese, Suid-Afrikaanse motoriste dok meer op vir brandstof - August 31, 2021
Namibiese motoriste word daaraan herinner dat die brandstofprys om middernag vannag styg. Petrol styg met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Nes Namibiërs sal Suid-Afrikaners ook vanaf môre duurder vir petrol betaal. In die buurland styg die prys van beide 93 en 95 loodvrye petrol met vier sent per liter, maar die prys van […]
TransNamib vir korrupsie ondersoek - August 31, 2021
Die Namibiese minister van staatsondernemings, Leon Jooste, het die ouditeursfirma Ernst en Young aangestel om beweerde korrupsie by TransNamib-bestuur te ondersoek. Volgens Namibiese nuusagentskappe sal TransNamib se kommersiële kontrakte met derde partye soos Tradeport, Dundee, Coleman, Henning en en Eurovin ook ondersoek word. Die onafhanklike ondersoek duur tot 31 Oktober.
Suid-Afrika gaan bewusmakingsveldtog vir inentings van stapel stuur - August 31, 2021
Die departement van gesondheid hoop om Suid-Afrikaners se huiwerigheid om ingeënt te word, te takel. Minister Joe Phaahla het die media vandag toegespreek en sê die departement moet nóg programme van stapel stuur om mense van inenting bewus te maak. Hy voeg by mense moet leer die inenting is veilig. Die minister sê ook die […]
Ondersoek na Lily-myn weer uitgestel - August 31, 2021
Action SA sê geregtigheid vir die gesinne van drie mynwerkers is nog ‘n keer uitgestel. Drie mense is in ‘n houer vasgekeer toe ‘n gedeelte van die Lily-myn in Mpumalanga in 2016 ingetuimel het. Die liggame van Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is nooit gevind nie. Die geregtelike doodsondersoek, wat op 9 September […]
Sikunga-viswagters ontvang skenkings - August 31, 2021
Die Sikunga-viswagters wat visstropers in die Zambezirivier vasvat, bedank Namib Mills wat maandeliks vir hulle mieliemeel skenk. Hulle het ook ‘n skenking van die Nwanyi-visvangklub ontvang nadat hulle aan ‘n visvangkompetisie in die Zambezirivier deelgeneem het. Gondwana se omgewingsbeampte Justice Muhindwa, praat met Kosmos 94.1 Nuus. Hy het gevra vir finansiële ondersteuning vir toerusting, kos […]
Zuma weier dat staatsdokters hom ondersoek - August 31, 2021
Die Jacob Zuma-stigting sê dis onnodig dat dokters wat deur die staat aangestel is die Suid-Afrikaanse oudpresident ondersoek, al het sy regsverteenwoordigers ingevolge ‘n hofbevel daartoe ingestem. Zuma se regspan het verlede week ‘n vertroulike mediese verslag ingedien nadat hulle die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingelig het hy is nie medies bevoeg om tereg te staan op […]
Vermeende moordenaars van Shannon Wasserfall se saak tot 11 Oktober uitgestel - August 31, 2021
Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu, wat beskuldig word van die moord op Shannon Wasserfall, het vlugtig in die Walvisbaai-landdroshof verskyn. Hul saak is tot 11 Oktober uitgestel om regshulpverteenwoordiging te bekom. Madisia en haar jonger broer is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n […]