
Namibië wil by VN Waterkonvensie aansluit - September 29, 2021
Die Namibiese se landbouministerie het vandag aangedui die land wil tot die Verenigde Nasies se Konvensie van die Beskerming en Gebruik van Waterweë en Internasionale Mere toetree. Die minister, Calle Schlettwein, het ondersteuning van die Waterkonvensie-sekretariaat tydens die toedredingsproses gevra. Hy het gesê Namibië is gretig om by die globale familie van die VN aan […]
Slowenië skort Johnson & Johnson op ná jong vrou se dood - September 29, 2021
Slowenië het die gebruik van Johnson & Johnson se koronavirus-entstof opgeskort terwyl die dood van ‘n 20-jarige vrou ondersoek word. Die land se minister van Gesondheid, Janez Poklukar, sê die skorsing bly van krag totdat kenners vasgestel het of daar ‘n verband is tussen die vrou se dood aan ‘n beroerte en die inenting wat […]
Polisiehoof sê Nampol en sekuriteitsmaatskappye moet nouer saamwerk - September 29, 2021
Namibië ervaar meer gevalle van rooftogte wat verband hou met sekuriteitsmaatskappye wat beroof word. Die jongste voorval het op Swakopmund in die Erongo-streek plaasgevind toer sekuriteitswagte die verdagtes in die rooftog was. Daar is vrae oor hoe hierdie tipe rooftogte plaasvind. Het sekuriteitsmaatskappye die nodige maatreëls in plek om nie net die veiligheid van geld, […]
Landbouminister takel waterprobleem op Rundu in NV - September 29, 2021
Die situasie wat daartoe gelei het dat Rundu nie water sedert verlede week gehad het, word deur die landbouminister, Calle Schlettwein, beskryf as veroorsaak deur die dorpsraad en nie die sentrale regering nie. Schlettwein het vandag in die Nasionale Vergadering oor die waterkrisis op Rundu gepraat en gesê die situasie sal binnekort na normaal terugkeer.
IPPR ondersoek desentralisasie - September 29, 2021
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gaan môre ‘n verslag oor streeksregering, genaamd “Is Decentralization a Reality” bekendstel. Die Namibiese regering het in Maart 1998 ‘n desentralisasiebeleid van stapel gestuur om deelnemende demokrasie en vinnige volhoubare ontwikkeling te bevorder. Die doel van die verslag van die instituut is om te sien of die regering se desentralisasieprogram […]
Vergadering oor uraan-ontginning was pro-aktief - September 29, 2021
Die senior omgewingskundige van die omgewingskonsultante, Environmental Compliance Consultancy, het terugvoering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee oor die vergadering oor uraan-ontginning wat deur sowat 100 mense by die Leonardville Boerevereniging-saal bygewoon is. Die boere het met verteenwoordigers van Headspring Investments vergader, die plaaslike filiaal van die Russiese Uranium One-maatskappy wat deel vorm van Rosatom. Die […]
Gautengse premier sê provinsie is gereed vir vlak 1-inperking - September 29, 2021
Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die provinsie is gereed om na vlak 1 van die inperking te beweeg. Hy besoek inentingspersele aan die Wes-Rand en sê die aantal Covid-19-besmettings het verminder. Makhura sê hy hoop die provinsie kan die balans tussen lewens en voortbestaan vind en terugkeer na ‘n volle ekonomiese herstelpoging.
OUTA veroordeel vervoerminister se uitstel oor e-tolstelsels - September 29, 2021
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, het die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, se uitstel van die besluit oor e-tolstelsels veroordeel. Die minister het op vrae in die parlement geantwoord ‘n datum vir die besluit is nog nie bepaal nie en ‘n befondsingsoplossing moet nog gevind word. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, glo die voortgaande bedryf […]
Bank van Namibië verskaf Augustus-syfers - September 29, 2021
Die Bank van Namibië het die banksyfers en statistiek vir Augustus vanjaar bekend gemaak. Oortrokke fasiliteite het effe ingekrimp met 0,1 persent. Huishoudelike skuld het met 4,4 persent gegroei in Augustus in vergelyking met 3,7 persent in Julie. Besighede is senuagtig om skuld te maak en ‘n inkrimping van 1,2 persent teenoor ‘n groei van […]
Bonsmara-bul behaal N$100 000 op Schumacher-veiling - September 29, 2021
Die Bank Windhoek Schumacher Bonsmara-veiling het ‘n gemiddeld van 61 762 Namibiese dollar vir bulle behaal en 24 581 vir verse en koeie. Die veiling het by die Agra/Bank Windhoek-ring in die hoofstad plaasgevind en het ‘n omset van meer as drie miljoen Namibiese dollar gehad. Die hoogste prys wat vir ‘n Bonsmara-bul betaal is, […]