
Dordabis brand steeds - October 20, 2021
Die brand in die Dordabis-omgewing is nog nie onder beheer gebring nie. Lede van die gemeenskap het deurnag saam met brandbestryders gestoei teen sterk winde. Iris Stehn, ‘n boer in die gebied, het die jongste so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
ANC is stelselmatig besig om te peuter met onderwys – VF+ - October 20, 2021
Die Vryheidsfront Plus in Suid-Afrika sê terwyl politieke veldtogte vir die plaaslike verkiesing reeds goed op dreef is, kry regeringsgedrewe strategieë vir transformasie op alle vlakke van onderwys vinnig momentum. Wynand Boshoff van dié party sê op tersiêre onderwysvlak het die regering sedert 2003 aktief aan beleid gewerk om universiteite te verander. Hy sê die […]
Hommeltuie: jy moet elke keer toestemming vra - October 20, 2021
Of ‘n hommeltuig vanuit ‘n tuin in Windhoek opstyg om ‘n asemrowende sonsondergang af te neem, of hoëdefinisie-beelde van ‘n konstruksieterrein te neem, wetgewing geld om ‘n hommeltuig in Namibië te vlieg. Die Namibië Burgerlugvaart-owerheid, NCAA, vereis dat alle hommeltuig-operateurs hulself en hul hommeltuie moet registreer. Kaptein Erikson Nengola, uitvoerende direkteur van die owerheid, verduidelik […]
Amateurduiker vind ridder se swaard - October 20, 2021
‘n Amateurduiker het in vlak water aan die noordelike kus van Israel ‘n swaard ontdek wat vermoedelik aan ‘n ridder behoort het wat 900 jaar gelede aan die kruistogte deelgeneem het. Die kruistogte het in 1095 begin en eeue lank aangehou. Shlomi Katzin het die swaard van sowat ‘n meter lank en vol stene daaraan […]
Donker dae lê voor vir verbruiker - October 20, 2021
Berigte lui dat die kapitaalprojekte van NamPower wat oor die volgende vyf jaar uitgerol sal word en net minder as 14 miljard Namibiese dollar kos, die prys van elektrisiteit tot bo inflasie-vlakke sal dryf. Die nuus kom saam met die aankondiging dat vervoer en voedsel by verre die grootste bydrae tot inflasie maak met vervoer […]
Geen koalisie met ANC nie, sê ActionSA - October 20, 2021
ActionSA in Gauteng sê hy sal nie ná die munisipale verkiesing op 1 November ‘n koalisie met die ANC oorweeg nie. Partywoordvoerder Tlhogi Moseki sê ActionSA glo in reg en orde, etiese en bekwame leierskap, inwoner-gefokusde dienslewering en professionele openbare dienste. Hy het bygevoeg die party neem aan die verkiesing deel om die ANC uit […]
Inperkings sal eers opgehef word wanneer 90% ingeënt is - October 20, 2021
Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het almal wat kan, aangemoedig om ingeënt te word. Dit volg nadat dié land gister ‘n rekordgetal van 94 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken het. Nieu-Seeland se grootste stad, Auckland, is vir minstens nog twee weke ingeperk in ‘n poging om die verspreiding van die Delta-variant te voorkom. Sowat 62 persent […]
LPM vry na koalisie met IPC? - October 20, 2021
Nadat Henny Seibeb van die LPM-party uitgevaar het teen die Windhoek burgemeester Job Amupanda en geskimp het dat hy nie werklik omgee vir die grondlose inwoners van die hoofstad nie, wil dit voorkom asof die party nou agter die IPC aanvry vir ‘n moontlike koalisie in die Windhoek stadsraad. Die party het vroeër enige sprake […]
Bouplanne neem effe af in September - October 20, 2021
Bouplanne vir September wat deur Stad Windhoek goedgekeur is, is deur IJG Sekuriteite bekend gemaak. Die stad het 228 bouplanne in September goedgekeur, 9,9 persent minder as die goedgekeurde planne vir Augustus. Die waarde van die goedkeurings het ook afgeneem met 2,2 persent en is op 158,1 miljoen Namibiese dollar gemeet. Tot op hede, was […]
Trump-raadgewer aangekla na weiering om oor 6 Jan. te praat - October 20, 2021
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se gekose komitee wat die 6 Januarie-aanval op Capitol Hill ondersoek, het eenparig voorgestel dat Donald Trump se voormalige raadgewer Steve Bannon van dwarsboming van die gereg aangekla word. Bannon het onder leiding van Trump geweier om voor die komitee te getuig of dokumente beskikbaar te stel. Indien hy skuldig […]