
Zuma dien klag teen hoofaanklaer in - October 20, 2021
Die Jacob Zuma-stigting het aangekondig die oudpresident gaan môre by die polisie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ‘n strafregtelike klagte indien teen advokaat Billy Downer. Hy is die hoofaanklaer in Zuma se korrupsiesaak. Zuma se regspan het vroeër aan die Hooggeregshof in die stad gesê Downer en die Nasionale Vervolgingsgesag het nie die regstitel om hom te […]
Meer as 1 000 perlemoen in Overberg gekonfiskeer - October 20, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het wetstoepassing-strukture in die Overbergstreek se verslae verwelkom. ‘n Woordvoerder, Wade Seale, sê die Overstrand-munisipaliteit se honde-eenheid en taakspan het drie vermeende stropers vasgetrek en daar is beslag gelê op meer as ‘n duisend perlemoen. Hulle het in ‘n aparte voorval ook twee sakke tik en kontant in […]
Adjunkpremier sê volksmoord moet met sensitiwiteit hanteer word - October 20, 2021
Die adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag aan die volksmoord-debat in die Nasionale Vergadering deelgeneem. Sy het gesê die kwessie van volksmoord is van nasionale belang, dit moenie verpolitiseer word nie en moet met die nodige sensitiwiteit hanteer word. Nandi-Ndaitwah het ook gesê die pyn wat Duitsland aan volksmoord-slagoffers berokken het, het ‘n impak op alle […]
Nampol sê dit is moeilik om sake van weggooibabas te ondersoek - October 20, 2021
Die Namibiese polisie het 71 onwettige aborsies tussen 2018 en 2021 vir die maande Januarie tot Augustus elke jaar ondersoek. Hulle het ook 124 gevalle van verberging van geboortes in die vier jaar ondersoek. Net in 2020 het die polisie 50 sake van die verberging van geboortes ondersoek. Generaal-majoor Anne-Marie Nainda het gesê om sake […]
Wêreldwye tekorte aan produkte ondervind - October 20, 2021
Lande regoor die wêreld ondervind ‘n tekort aan ‘n verskeidenheid produkte weens ‘n reeks omstandighede, onder andere die Covid-19-pandemie se groot ontwrigting. In China sal papier, tekstiele en speelgoed moontlik min wees hierdie Kersfees en daar is ook ‘n tekort aan iPhone-parte. ‘n Bottelnek by Amerikaanse hawens beïnvloed die voorraad van speelgoed, toiletpapier, nuwe klere en […]
Speaker sê dit is almal se plig om korrupsie te beveg - October 20, 2021
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het gesê Namibiërs moet ‘n sterk sin van deursigtigheid bevorder en dit hul plig maak om korrupsie te alle tye te voorkom en verwerp. Katjavivi het dit vandag gesê tydens die Nasionale Konferensie oor die Ontwikkeling van ‘n Tweede Teenkorrupsie Strategie en Aksieplan vir 2021 tot 2025. Hy het gesê die stryd teen korrupsie is […]
Drie Covid-sterftes in twee distrikte aangemeld - October 20, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in twee distrikte, Eenhana en Engela, aangemeld, asook 18 nuwe gevalle van 1 161 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,6 persent verteenwoordig. In die groep is twee leerders en een student. Daar is nou 869 aktiewe gevalle, waarvan 50 in hospitale is en ses in intensiewesorgeenhede. Altesaam 232 […]
Wes-Kapenaar kan slanggifinligtings-hulplyn bel - October 20, 2021
Oktober tot April is slangbytseisoen in die Wes-Kaap, en soos dit warmer word, word slange meer aktief. Die Wes-Kaapse gifinligtings-hulplyn het inwoners aangemoedig om hierdie tyd van die jaar waaksaam te wees. Direkteur van die Tygerberg-gifinligtingsentrum, Carine Marks, sê daar is in ‘n vyf jaar tydperk 1 411 oproepe oor slangbyte ontvang. Sy sê nie […]
Namibiese veeveilingspryse kan nog styg - October 20, 2021
Namibiese veeveilingspryse is aangekondig. Volgens die Namibiese Vleisraad is koeie en kalwers se veilingspryse goed op 13 633 Namibiese dollar, terwyl bokke vir 1 407 Namibiese dollar per kop gaan. Landboukenner Wallie Roux verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus daar is verskeie faktore wat tot prysstygings kan lei.
Kenner: Parlementslede wat mekaar aanval, beroof stemgeregtigdes - October 20, 2021
Sekere lede van die Nasionale Vergadering na-aap ander parlementslede soos dié in ons buurland Suid-Afrika waar hulle mekaar deurentyd aanval, in plaas van beleide voorstel om die land te ontwikkel. Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus as parlementslede persoonlik raak, beroof hul stemgeregtigdes van broodnodige ontwikkeling.