
Veiligheid by lughawens naby Washington DC verskerp voor saamtrek - September 17, 2021
Amerika se sekuriteitsadministrasie vir vervoer het die veiligheid by lughawens naby Washington DC verskerp. Hulle berei voor vir ‘n beplande saamtrek môre ter ondersteuning van mense wat aangekla word dat hulle in Januarie die Kongresgebou geplunder het. Die pro-Trump Look Ahead America-groep voer aan die sowat 600 beskuldigdes word weens hulle politieke siening swak behandel.
Vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld - September 17, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld, asook 91 nuwe gevalle uit 2 519 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 3,6 persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders van verskillende skole, vier onderwysers, twee studente en vyf gesondheidswerkers. Daar is nou 1 283 aktiewe gevalle, waarvan 109 in hospitale is en 19 in intensiewesorgeenhede.
Veediefstal van byna kwartmiljoen in die Vrystaat - September 17, 2021
Drie verdagtes tussen 33 en 35 jaar is vasgetrek in verband met veediefstal van 220 000 rand in die Vrystaat. Die polisie-misdaadintelligensie het ‘n wenk ontvang oor veediefstal wat op ‘n plaas naby Wesselsbron in die Vrystaat beplan word. ‘n Span bestaande uit lede van die Odendaalsrus-veediefstaleenheid en die Eenheid vir Bedreigde Spesies het die […]
Is Frankryk ‘n politieke vennoot van Suider-Afrika? - September 17, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar samesprekings met die Franse President Emmanuel Macron gehad oor die situasie in Mosambiek. Macron het voorgestel dat Frankryk bereid is om aan die maritieme operasies deel te neem, maar andersins dit aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander streeksmoondhede oor te laat. Met hierdie soort bereidwilligheid om deur Frankryk […]
Groen ekonomie bied aansienlike werksgeleenthede - September 17, 2021
Die groen ekonomie bied aansienlike beleggings- en werkskeppingsgeleenthede. Dit is volgens Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos. Hy het onlangs verskeie groen vervaardigings-ondernemings besoek om te bepaal hoe die provinsie se verskuiwing na volhoubare groen energie verloop. Vos sê oplossings vir hernubare energie is die sleutel tot volhoubare ekonomiese groei.
SA ma staan tereg op moord op haar drie dogters in Nieu-Seeland - September 17, 2021
Drie Suid-Afrikaanse sussies wat ‘n paar weke gelede saam met hulle gesin na Nieu-Seeland emigreer het, is dood aangetref in hulle nuwe huis. Die media in die land berig die sesjarige Liane en tweejarige tweeling, Maya en Karla, se pa Graham Dickason het hulle gisteraand by hulle huis in Timaru aangetref. Volgens berigte is die meisies se ma weens […]
Ondersoek by Kunene-skool na bewerings van heksery en satanisme - September 17, 2021
Die Kunene-streek se onderwysdirektoraat doen ondersoek nadat meer as 90 persent ouers hul kinders uit die Otjikondavirongo Primêre Skool naby Epupa haal. Dit volg op bewerings van heksery en satanisme teen die koshuismatrone. Epupa se skoolinspekteur Josua Shikongo sal volgende week die skool besoek om ‘n vergadering met die skoolhoof, personeel en skoolraadslede te hê.
Drink verantwoordelik, maan Wes-Kaapse owerhede - September 17, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, doen ‘n beroep op inwoners om verantwoordelik op te tree en te waak teen beserings wanneer hulle alkohol gebruik. Die Rampbestuurswet se regulasies is verslap en mense mag vandag in die buurland alkohol koop. Fritz se woordvoerder, Wade Seale, sê die provinsiale drankowerheid het verlede naweek 209 inspeksies […]
Groot belangstelling in groen-waterstof ontwikkeling - September 17, 2021
Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad dat hy nege voorleggings vir groen-waterstof ontwikkeling ontvang het. Van die voorleggings is groot projekte en daar is ook internasionaal belangstelling. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner Ted Blom, gepraat.
Groot kritiek teenoor Aukus-verdrag - September 17, 2021
Amerika en die Verenigde Koninkryk loop onder internasionale kritiek deur ná ‘n nuwe veiligheidsooreenkoms wat hulle met Australië gesluit het. Volgens die ooreenkoms, wat beskou word as ‘n poging om China teen te staan, sal Amerika en Brittanje aan Australië tegnologie voorsien om kernaangedrewe duikbote te bou. Dit het Frankryk ontstel wat sê hy is […]