
Huurraad: regering sloer aspris sê AR - September 2, 2021
Die Affirmative Repositioning-beweging sê die regering sloer met die wetgewing in verband met die huurbeheerraad. Die beweging se woordvoerder Simon Amunime sê hulle het herhaaldelik aan die minister van stedelike ontwikkeling geskryf maar die pogings het op niks uitgeloop nie. In sy mening is die pogings om die wetgewing te vertraag aspris omdat die ministers […]
F1: Kimi groet aan die einde van seisoen - September 2, 2021
Die Formule Een-renjaer, Kimi Raikkonen, het aangekondig hy gaan aan die einde van die seisoen uittree. Hy het sy debuut in 2001 by die Australiese Grand Prix as lid van die Sauber-span gemaak. Hy het in 2019 teruggekeer na die groep wat nou as Alfa Romeo bekend staan. Sy kontrak met hulle verstryk aan die […]
Geingob maan goewerneurs om binnegevegte onder beheer te bring - September 2, 2021
President Hage Geingob tydens ‘n vergadering by Staatshuis met streeksgoewerneurs ‘n beroep op hulle gedoen om binnegevegte by streeksrade te staak. Hy het gesê hulle moet liewer saamwerk om nasiebou en dienslewering te versterk. Dit volg na berigte dat daar binnegevegte tussen raadslede by sommige streeksrade is. Khomas-goewerneur Laura McLeod-Katjirua, het namens haar eweknieë uitdagings […]
Namibiese mynbou koop goedere en dienste van N$12,3 miljard in 2020 aan - September 1, 2021
Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het gesê alhoewel die mynbousektor 50 persent van Namibië se uitvoere verteenwoordig, koop mynmaatskappy steeds goedere en dienste by buitelandse maatskappye aan, terwyl plaaslike maatskappye dit kon lewer. Alweendo het tydens die virtuele konferensie van die Kamer van Mynwese gesê die totale waarde van goedere en dienste […]
Elektristeitsproduksie in Namibië daal met 24,8% in Julie - September 1, 2021
Plaaslike produksie van elektrisiteit in Namibië het in Julie met 24,8 persent gedaal, in vergelyking met die vorige maand, met onafhanklike private produseerders wat 54,4 persent tot elektrisiteitsproduksie bygedra het. Volgens ‘n verslag van die Namibië Statistieke-agentskap het Namibië in Julie 50,9 persent elektrisiteit van Suid-Afrika ingevoer, gevolg deur 27,3 persent van Zambië en 12,4 […]
Eskom in Gauteng beleef uitdagings met beperkte mini-substasies - September 1, 2021
Eskom in Gauteng beleef uitdagings weens die beperkte voorraad mini-substasies wat lei tot vertragings in die vervanging van infrastruktuur. Die kragvoorsiener sê vele mini-substasies breek omdat die netwerk oorlaai word weens onwettige verbindings, ‘n gepeuter met meters, onwettige bedrywighede op die elektrisiteitsnetwerk, vandalisme en diefstal van elektriese toerusting. ‘n Woordvoerder, Amanda Qithi, sê Eskom het […]
Inenting beste beskerming teen nuwe Covid-variante - September 1, 2021
Met nuwe variante van die korona-virus wat nou aan die toeneem is, sê die Suid Afrikaanse medisyne-reguleerder dat om ingeënt te wees, steeds die beste manier is hoe mense hulself teen ernstige vorms van die virus kan beskerm. Volgens prof. Helen Rees, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad, bied die entstowwe steeds beduidende beskerming teen ernstige […]
Tshwane waarsku teen onwettige grondbesettings - September 1, 2021
Die Stad Tshwane het ‘n streng waarskuwing gestuur aan mense wat grondbesettings aanmoedig deur onwettige strukture op te rig. Spanne teen grondbesettings het inligting ontvang dat groepe mense grond beset en onwettig strukture bou in Soshanguve Blok MM en in Olievenhoutbosch Uitbreiding 24. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Tshwane het ‘n beleid van […]
Buitelandse vlugte na Kaapstad ook goeie nuus vir Namibiese toerismesektor - September 1, 2021
‘n Namibiese toerismekenner gee sy reaksie op al hoe meer buitelandse lugdienste wat weer na Kaapstad vlieg. Lugdienste soos Emirates, Singapore Airlines, Lufthansa en Turkish Airlines het vlugte na Kaapstad heringestel het. British Airways beplan ook om van November af vlugte na Kaapstad in te stel. Nrupesh Soni, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat […]
Caldor-brand beweeg al hoe nader aan Tahoe-meer - September 1, 2021
Die Caldor-brand in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië beweeg al hoe nader aan die Tahoe-meer. Tienduisende mense in die gewilde toeristebestemming South Lake Tahoe is opdrag gegee om die gebied te verlaat en die brand bedreig nou meer as 34 000 strukture. Meer as 400 huise is reeds in puin gelê, sê amptenare. South Lake Tahoe, […]