Ministerie spreek hom uit oor Britse toeris se skokkende gedragMay 21, 2025
Die omgewingministerie sê respek vir menswaardigheid en kulturele sensitiwiteit moet sentraal staan in alle toerisme-aktiwiteite in die land. Dit kom na die 65-jarige Brooks Roberts, ‘n Britse toeris, op 38 aanklagte in die Grootfontein landdroshof verskyn het na hy na bewering 33 San-kinders by Tsumkwe betas en naak afgeneem het. Die ministerie sê sulke dade disrespekteer die kulturele erfenis van die San-gemeenskap, is ‘n ernstige oortreding van Namibië se wette rakende die beskerming van minderjariges en gaan teen die nodige etiese gedrag wanneer met inheemse gemeenskappe geskakel word. Die ministerie sê dit is onaanvaarbaar vir enige besoeker om inheemse gemeenskappe of hul kinders vir enige doel, insluitend fotografie, te gebruik of te objektiveer. Hy dring aan dat toeroperateurs, gidse en besoekers verantwoordelike toerisme-riglyne volg.