ManU kry goeie fiksheid-nuus voor Europa Liga-eindstrydMay 21, 2025

Sokker: Manchester United het ‘n fiksheidshupstoot gekry aan die vooraand van die Europa Liga-eindstryd met Joshua Zirkzee, Diogo Dalot en Leny Yoro wat almal gister weer begin oefen het. Ruben Amorim se span berei voor om Tottenham vanaand in ‘n suiwer Engelse Europa Liga-skouspel in Bilbao te pak. Zirkzee is vroeër vir die res van die seisoen uitgesluit, maar die Nederlandse doelskieter kan beskikbaar wees. Die Portugese agterspeler Dalot was afwesig weens ‘n kuitprobleem, terwyl die Franse verdediger Yoro verlede Vrydag se 1-0-verlies teen Chelsea weens ‘n voetprobleem misgeloop het.