
Die Springokke verloor weer teen Australië - September 18, 2021
Rugby: Die Springbokke het die tweede Kampioenskapskragmeting teen Australië met 30 -17 verloor en hulle plek op die wêreldranglys is nou in die gedrang. Die Bokke beklee sedert hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2019 die eerste plek op die wêreldranglys As Nieu-Seeland Argentinië met meer as 15 punte wen, steek die All Blacks hulle verby.
Landbou-finansiering steeds groot uitdaging in Suid-Afrika - September 18, 2021
Die landbou-organisasie, Saai, sê landbou-finansiering is steeds een van die taaiste uitdagings vir boere in Suid-Afrika ná die ineenstorting van die Landbank in die buurland. Die bank het krediteure in April verlede jaar ingelig hulle is nie in staat om betalings van 50-miljard-rand te doen nie. Saai sê daar is alternatiewe bronne vir landboufinansiering. Dit […]
Kiesersregistrasie-naweek het vandag op meer as 23-duisend persele regoor Suid-Afrika begin - September 18, 2021
Die kiesersregistrasie-naweek het vandag op meer as 23-duisend persele regoor Suid-Afrika begin. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van die buurland sê dat dit net minder as 50-duisend mense gewerf en opgelei het om te verseker dat die twee-dae proses so vlot as moontlik verloop. Vir die eerste keer sal die OVK nuwe toerusting gebruik om die onmiddellike […]
Die Eagles is gereed vir die T20 Wêreldbeker - September 18, 2021
Die Eagles-krieketspan van Namibië vertrek volgende week na die Verenigde Arabiese Emirate waar hulle aanstaande maand in Abu Dhabi en Sharjah die land se debuut by die T20 Wêreldbeker maak. Die president van Krieket Namibië Rudie van Vuuren is opgewonde hieroor en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namibië wil meer plaaslik produseer - September 18, 2021
In Namibië is ‘n behoefte om plaaslike produkte te bevorder en plaaslike produseerder te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het aan die voorsitter van Team Namibië, Pieter van Niekerk, gevra of hulle plaaslike markte sal oorweeg waar kleinskaalse produseerders hul produkte kan uitstal en verkoop. Van Niekerk sê dit is ‘n uitstekende idee om boeremarkte te […]
Ramaphosa kry kritiek oor sy kortlys vir kandidate vir die amp van hoofregter - September 18, 2021
Freedom under Law in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die paneel wat president Cyril Ramaphosa aangestel het om die kortlys saam te stel van kandidate wat vir die amp van hoofregter oorweeg moet word. Die groep sê die insluiting van twee politieke aanstellings uit dieselfde politieke party, die oudminister van Justisie Jeff Radebe en die […]
Dit is vandag Wêreldskoonmaakdag - September 18, 2021
Dit is vandag Wêreldskoonmaakdag, ‘n jaarlikse wêreldwye sosiale aksieprogram wat daarop gemik is om die wêreldwye vaste afvalprobleem te bekamp. Streeks- en plaaslike rade, organisasies en die publiek in Namibië word aangemoedig om die land vandag te help skoonmaak. Lydia Amutenya woordvoerder van stad Windhoek.
Regering het verskeie maatreëls in plek om Covid-gevalle te verminder - September 18, 2021
Die Namibiese regering het verskeie maatreëls en openbare gesondheidsregulasies in plek om Covid-gevalle te verminder. Die weermag het die polisie gehelp om deel van patrollies te wees om te verseker dat maatreëls gehoorsaam word. Nou dat Covid-gevalle afneem en maatreëls verslap is, het die verdedigingsminister, Frans Kapofi, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die weermag is […]
Lekker rugby vanoggend - September 18, 2021
Rugby: Daar is baie op die spel vir die Springbokke wanneer hulle vanoggend in die tweede Kampioenskapskragmeting teen Australië uitdraf. Indien hulle weer teen die Wallabies verloor, is hulle kans om vanjaar se titel te wen én moontlik ook hulle plek boaan die wêreld-ranglys daarmee heen. Die Bokke beklee sedert hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2019 die […]
Ramaphosa lei Suid-Afrika se kiersersregistrasieveldtog - September 18, 2021
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, lei die naweek die party se kiesersregistrasieveldtog in Gauteng en Mpumalanga. Die president is vandag in Gauteng en gaan mense van deur tot deur besoek in gebiede insluitend Sone 10 in die Nomzamo-informele nedersetting en Sone 4 Chiawelo. Môre gaan hy in Mpumalanga wees en gebiede daar besoek […]