
Namibiese kleinskaalse produsente is besig om te herstel - September 19, 2021
Volgens ‘n verslag, Driving a Green and Sustainable post-Covid-19 Recovery in Africa, moet Afrika-lande klimaatsverandering as ‘n sentrale doelwit in hulle beplanning vir ekonomiese herstelplanne insluit. In Namibia is kleinskaalse produsente besig om te herstel, het die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.
Pogings om ekonomie aan die gang te kry - September 19, 2021
Pogings om die Namibiese ekonomie weer te herstel, is aan die gang, veral in streke waar jong mense aan SMEs Compete se Pitching For Resilience-program deelneem. Die program was pas in Outapi in die Omusati-streek. Die program het ten doel om ‘n inspuiting van meer as tien miljoen Namibiese dollar in die plaaslike sakesektor te […]
Nasionale klimaatvooruitsig-forum die week in Windhoek - September 19, 2021
‘n Nasionale klimaatvooruitsig-forum word eerskomende Donderdag 23 September deur Namibië se Meteorologiese Diens aangebied. Simon Dirkse van die diens in Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Ramaphosa word deur woedende inwoners van Soweto gekonfronteer - September 19, 2021
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, is deur woedende inwoners van Nomzamo in Soweto gekonfronteer. Ramaphosa, wat ‘n verkiesingsveldtog vir die party gelei het, moes van mense hoor die party is net besorg oor hulle wanneer daar ‘n verkiesing is. Inwoners het gekla oor ‘n gebrek aan elektrisiteit en dat die polisie net daar […]
Betoging in Kaapstad teen Covid-19-inentings - September 19, 2021
Sowat 600 mense wat gekant is teen Covid-19-inentings het op die Seepunt-promenade in Kaapstad betoog. Sommige van hulle plakkate het die 9/11-terreuraanvalle, Covid-19 en inentings as ‘n bedrogspul afgemaak. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, Joseph Swartbooi, sê ‘n saak van die beweerde oortreding van inperkingsregulasies is geopen, want die betoging was onwettig. Niemand is […]
Springbok-afrigter vra verskoning vir swak vertoning van die Bokke - September 19, 2021
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, beskryf die vertoning van die Springbokke teen die Wallabies, wat hulle met 30-17 verloor het, as die swakste van die Bokke sedert 2018 en het gesê dat hulle ‘n massiewe verbetering nodig sal hê as hulle volgende naweek mededingend teen Nieu -Seeland wil wees. ‘Ons is werklik in elke afdeling van […]
Die burgemeester van Johannesburg sterf in ‘n motorongeluk - September 19, 2021
President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan Jolidee Matongo Johannesburg se burgemeester wat in ‘n motorongeluk dood is. Volgens Ramaphosa is die tyd wat hy saam met Matongo deurgebring het ‘n pryslose skat gegewe sy traumatiese dood.Matongo is op die Goue Hoofweg saam met nog ‘n persoon in die botsing dood.
Dr Geingob gaan die 76ste sitting van die Algemene Vergadering van die VN bywoon - September 19, 2021
President Hage Geingob gaan die 76ste sitting van die Algemene Vergadering van die VN in New York bywoon wat Dinsdag begin en tot die 30 ste duur. Wydlopende aspekte soos onder andere die internasionale herstelproses in die lig van die Covid-19 pandemie, die behoeftes van die planeet met betrekking tot klimaatsverandering en menseregte is op […]
Die Covid-19 positiewe koers nou 4,9% - September 19, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 80 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig en bekendgemaak dat die positiewe koers tans 4,9% is en die herstelkoers is 96%. Okongo het 11 nuwe gevalle,Opuwo 9,Onandjokwe 8, Luderitz 7 en Eenhana en Tsandi 5 elk.Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 190 aktiewe gevalle,met 122 040 wat […]
80 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - September 18, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 80 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Okongo het 11, Opuwo 9, Onandjokwe 8, Luderitz 7 en Eenhana en Tsandi 5 elk. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 190 aktiewe gevalle, met 122 040 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 126 708.