Ekonoom sê oor kredietgesondheid in Namibië - October 1, 2021

‘n Plaaslike ekonoom gee sy mening oor Suid-Afrikaanse verbruikers se kredietgesondheid wat gestabiliseer het. Volgens die verbruikerskredietagentskap TransUnion wys die tweede kwartaal van 2021 se Suid-Afrikaanse Bedryfs-insigverslag op verskeie voortgesette tendense sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie, met uitsonderings in laat terugbetalings. Uitstaande balanse op huislenings het met 15.3 persent toegeneem, terwyl 10.6 persent van […]

Read More

Desentralisasie gebeur nie, al is daar ‘n beleid - October 1, 2021

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n verslag oor streeksregering, genaamd “Is Decentralisation a Reality” bekend gestel. Die Namibiese regering het reeds in Maart 1998 ‘n desentralisasiebeleid van stapel gestuur om deelnemende demokrasie en vinnige volhoubare ontwikkeling te bevorder. Die doel van die verslag van die instituut is om te sien of die regering se […]

Read More

Baie spesiale troue in St Petersburg - October 1, 2021

Die voormalige imperiale hoofstad van Rusland sal vir die eerste keer in langer as ‘n eeu gasheer wees vir die troue van ‘n afstammeling van die land se koninklike familie. Internasionale media berig groothertog George Mikhailovich Romanov en sy Italiaanse verloofde, Victoria Romanova Bettarini, sal vandag in die St Isaac-katedraal in St Petersburg trou aan […]

Read More

Inenting verpligtend by Mediclinic - October 1, 2021

Die hospitaalgroep Mediclinic in Suid-Afrika het besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak vir alle mense wat in sy hospitale werk, asook vir sy ander personeel. Die beleid word op 1 Oktober in werking gestel en gaan in fases ingestel word. Die finale sperdatum waarteen alle personeel ingeënt moet word, is 1 Februarie 2022. […]

Read More

Rusland vertraag ondersoeke na oortredings van VN-sanksies - September 30, 2021

Rusland vertraag die aanstelling van panele van onafhanklike deskundiges om die oortredings van die VN-sanksies teen Suid-Soedan, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Mali te monitor, het diplomate gesê. Hulle sê hulle word in die steek gelaat om hul werk te doen. Internasionale politieke kenner, André Duvenhage, verduidelik Rusland het voornemens […]

Read More

Wes-Kaap is amptelik uit die kloue van die derde vlaag - September 30, 2021

Ná weke van asem ophou is die Wes-Kaap-provinsie nou amptelik uit die kloue van die derde vlaag van die pandemie. Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê die provinsie se algehele Covid-verwante hospitaal-opnames, infeksie- en sterftesyfer het nou beduidend afgeneem. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt …

Read More

Dubai Ekspo se amptelike opening vind tans plaas - September 30, 2021

Die 2020 Dubai Ekspo se amptelike openingseremonie vind tans plaas. Namibië neem aan dié wêreld-ekspo in die Verenigde Arabiese Emirate deel wat vanaf môre tot Maart 2022 gaan plaasvind. Die Namibiese sake- en toerismesektor stal hul maatskappye, projekte en produkte, ook deur middel van digitale bemarkingsmateriaal, by die Namibiese pawiljoen by die Dubai Ekspo uit.

Read More

Hawaiise vulkaan-waarskuwingsvlak verhoog - September 30, 2021

Die media in Hawaii berig daar is geen onmiddellike gevaar vir bewoners nie al sê die Amerikaanse Geologiese Diens die Kilauea-vulkaan se uitbarstings is aan die toeneem. Die diens het in ‘n twiet gesê die afkoelende lawa-meer het nou ‘n nuwe skeurings-uitbarsting geword. Die waarskuwingsvlak is verander van “versigtig” na “waarskuwing”, en die lugvaart-kleurkode van […]

Read More

Twaalf gevaarlike gevangenes ontsnap uit Mount Frere-polisieselle - September 30, 2021

Twaalf Oos-Kaapse gevangenes het op die vlug geslaan nadat hulle in die vroeë oggendure uit die Mount Frere-polisieselle ontsnap het. ‘n Polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê ‘n 72-uur-aktiveringsplan is van stapel gestuur. Naidu sê die gevaarlike gevangenes het vermoedelik deur ‘n gat in die muur ontsnap, en ‘n interne ondersoek is aan die gang.

Read More

Kaper met speelgoedvuurwapen se dood ondersoek - September 30, 2021

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die dood van ‘n vermeende kaper wat in Gugulethu in Kaapstad dood is. Opod se woordvoerder, Grace Langa, sê die man was na bewering vroeër die week betrokke by ‘n voertuigkaping in Delft. Twee verdagtes het vir die polisie weggejaag en teen ‘n muur gebots, waarna hulle te voet gevlug het. […]

Read More