
Guterres loof jeug vir klimaat-aksie - October 1, 2021
Met die klimaatskrisis wat reeds lewens en inkomste vernietig, is jongmense van kritieke belang om wêreldwye optrede voort te dryf. Dis die mening van die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres. Hy het afgevaardigdes by die Pre-COP Jeugbyeenkoms in Milaan, Italië toegespreek. Hy sê jongmense is reeds aan die voorpunt met voorstelle oor positiewe oplossings, […]
Van wanneer af is ‘n tier ‘n troeteldier? - October 1, 2021
‘n Dierewelsynsorganisasie in Suid-Afrika wat hom op groot katte toespits sê talle mense het hul kommer teenoor die organisasie uitgespreek oor ‘n tier wat in Boksburg in die Ekurhuleni-metro aan die Gautengse Oos-Rand aangehou word. Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het die eienaar reeds gewaarsku. Die direkteur van Four Paws, Fiona Miles, sê tiere geniet […]
Pohamba het sukses met uitsetting van plaaswerker - October 1, 2021
Die voormalige president, Hifikepunye Pohamba het in die hoërhof geslaag om ‘n uitsettingsbevel te kry teen Alfred Kairiseb en sy vrou, Amanda. Die saak sloer reeds ‘n geruime tyd het ook in die Nasionale Vergadering ‘n draai gemaak. Yanna Smith het die besonderhede.
Goedkoop eiers kelder plaaslike bedryf - October 1, 2021
Die hoenderbedryf, met spesiale klem op eierprodusente het tans groot uitdagings as gevolg van uiters goedkoop invoere wat volgens berigte in groot hoeveelhede ingevoer word. Die Namibiese Landbou-unie sê dit belemmer die volhoubaarheid van die plaaslike industrie en skep ook ‘n plaaslike surplus vir produsente. In die langtermyn kan dit ook veroorsaak dat plaaslike eierboere […]
Noodwetsontwerp deur Biden onderteken om tyd te koop - October 1, 2021
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het die wetsontwerp op oorbruggingsuitgawes onderteken wat vroeër deur die Raad van Verteenwoordigers en die Senaat goedgekeur is. Dit is gedoen om te verhoed dat die federale regering se kantore moet sluit weens ‘n gebrek aan geld. Die wetsontwerp beteken dat staatsdepartemente en -agentskappe tot 3 Desember befonds kan word. […]
Samewerking ondersteun Kaapse aasvoëls - October 1, 2021
Die buurland se bewaringsorganisasie Cape Nature sê die samewerking tussen die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en Eskom het gelei tot die installering van voëlafleiers op hoërisiko-gedeeltes van kraglyne naby ‘n kolonie bedreigde aasvoëls. Die omleidings maak die kraglyne meer sigbaar vir voëls sodat hulle nie daarin vasvlieg nie. Cape Nature se woordvoerder, Petro van Rhyn, […]
Australië se grense dalk in November oop… - October 1, 2021
Die Australiese eerste minister Scott Morrison het aangekondig die verbod op internasionale reise gaan volgende maand gelig word. Die land se state sal vir internasionale reisigers oopgestel word sodra die 80 persent teiken vir inentings bereik is. Morrison sê die verpligte 14-dae kwarantyn in ‘n hotel sal uitfaseer word. Hy het gesê dis tyd om […]
Afrika se onenigheid sy grootste vyand - October 1, 2021
Die omstrede Suid-Afrikaanse politikus, Julius Malema, heraal sy beroep op ‘n verenigde Afrika. Malema sê hy wil Afrika as ‘n verenigde staat lei met een wisselkoers, een ekonomie, een parlement, een president en een regsbank. Is dit realisties en moontlik? Die voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verdeling is […]
Nersa weier Eskom veeljarige inkomste - October 1, 2021
Die buurland se energie-reguleerder, Nersa, het Eskom se jongste aansoek vir veeljarige inkomste vir die volgende drie jaar van die hand gewys op die basis dat dit op ‘n uitgediende werkswyse gegrond is. Die reguleerder sê in plaas daarvan sal hy Eskom versoek om ‘n tussentydse aansoek vir die 2022-2023-boekjaar voor te lê. Nersa het […]
Banke maak al hoe meer staat op bankfooie vir inkomste - October 1, 2021
Daar is volgens die jongste syfers van kommersiële banke, ‘n toename in onbetaalde lenings en dus plaas banke op die oomblik die klem op inkomste wat nie op rente gebaseer is nie, soos bankfooie. Die Capricorn-groep het a groei van 3,6 persent in die kategorie aangeteken terwyl FNB 2,6 persent aangeteken het. Standard Bank het […]