Stad Tswane vra ondernemings om opskiet-inentingsplekke op persele te vestig - October 21, 2021

Die Stad Tshwane doen ‘n beroep op ondernemings met 50 of meer werknemers om saam te werk met die stad en die Gautengse departement van gesondheid om Covid-19 opskiet-inentingsplekke op hul persele te vestig sodat werknemers en ander lede van die publiek ingeënt kan word. Dit vorm deel van ‘n poging om ‘n moontlike vierde […]

Read More

Fidentia se Arthur Brown op parool vrygelaat - October 21, 2021

Die voormalige eienaar van die omstrede finansiële dienste-onderneming, Fidentia,  Arthur Brown, is vanoggend op parool vrygelaat. Hy is in 2014 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van bedrog. Fidentia, wat intussen ontbind is, is beskuldig van die wanbestuur van meer as een-miljard-rand van Living Hands Umbrella Trust, wat moes gaan na die weduwees en […]

Read More

Numsa vergader oor staking - October 21, 2021

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, hou vanmiddag ‘n nuuskonferensie in Boksburg, Gauteng, om die besluit oor die staking in die ingenieursbedryf bekend te maak wat op ‘n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee geneem is. Die staking duur reeds sestien dae. Die komitee het beraadslaag oor die finale aanbod van die werkgewers-liggaam, SEIFSA, vir ‘n verhoging van […]

Read More

Covid-imperkings het impak op styging in tienerswangerskappe - October 21, 2021

Die Covid-inperkings het ‘n impak op styging van tienerswangerskappe gehad. ‘n Kliniese sielkundige in die onderwysministerie, Ayesha Wentworth, sê tydens die inperkings was daar ‘n gebrek aan voorbehoedmiddels. Volgens ‘n verslag het Namibia verlede jaar 3 683 tienerswangerskappe gehad en 2 348 meisies het die skool verlaat. Wentorth sê egter dié syfers kan baie hoër […]

Read More

Veldtog teen mensehandel in Noordkaap - October 21, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, en die Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike Ootwikkeling, Nontobeko Vilakazi, het op ‘n tweedaagse veldtog teen mensehandel en geslagsgeweld in Upington vertrek. ‘n Woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die gebied langs die N14 word beskou as ‘n bron en deurgang vir mensehandelsindikate omdat dit die provinsie met die Oos-Kaap, […]

Read More

Namibië het ook slanginligtingsentrum - October 21, 2021

Die Namibiese slangkenner Francois Theart sê Namibië het soos die Wes-Kaap ‘n slanggif inligtingshulplyn. Die direkteur van die Tygerberg-gifinligtingsentrum, Carine Marks, sê daar is in ‘n vyf jaar tydperk 1 411 oproepe oor slangbyte ontvang. Theart sê plaaslik bestaan die Namibia Snakebite Interest-groep uit ‘n groep dokters wat kenners op slang- en spinnekopbyte is.

Read More

Donald Trump stig TRUTH Social - October 21, 2021

Amerika se oudpresident, Donald Trump, gaan volgende maand aan genooide gaste ‘n nuwe sosialemedia-netwerk, TRUTH Social, bekend stel. Die netwerk sal binne die eerste drie maande van 2022 landwyd beskikbaar word. Die Trump Media- en Tegnologie-groep sê dit sal teenkanting bied teen wat hy noem die tirannie van groot tegnologie-maatskappye. Trump is van Facebook geskors en op Twitter verbied nadat sy ondersteuners […]

Read More

Derde van vier verdagtes vas van gewapende rooftog op Okalongo - October 21, 2021

Die polisie in die Omusati-streek het die derde van vier verdagtes in verband met ‘n gewapende rooftog by Pep Store op Okalongo in die Omusati-streek vasgetrek. Die 55-jarige sekuriteitswag Henok Edward is tydens die voorval doodgeskiet is. Twee verdagtes is vroeër met van die gesteelde kontant by die naburige nedersetting van Okando vasgetrek. Die derde een is onder ‘n boom in die Onandjaba-gebied naby Outapi gevind met meer as 59 000 Namibiese […]

Read More

Veghonde val koerantafleweraar aan - October 21, 2021

Amerikaanse veghonde is weer in die nuus. ‘n 30-jarige vrou is deur twee van die honde in Durban-Noord, KwaZulu-Natal aangeval. Sy het volgens berigte koerante afgelewer. Die veghonde kan baie gevaarlik wees veral as hulle aggressief opgelei word, wat talle mense doen vir persoonlike beskerming. Netcare 911 se woordvoerder, Shawn Herbst, sê omstanders het ingegryp […]

Read More

Ombud sê klimaat lê hom na aan die hart - October 21, 2021

Die nuwe Namibiese ombud Basilius Dyakugha het op 1 Oktober sy pos ingeneem. Hy het vandag ‘n perskonferensie gehou om die publiek in te lig oor die visie wat hy het vir sy pos. Dyakugha sê die klimaat lê hom na aan die hart.

Read More