Numsa aanvaar 6%, gaan terug werk toe - October 22, 2021

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa sê hy het gevoel dis tyd om ‘n ooreenkoms met die bedingingsraad te bereik. Die organisasie het gister die verhogingsaanbod van 6 persent aanvaar namens werkers in die staal- en ingenieurs-sektor en aangekondig die staking word beëindig. Irvin Jim van Numsa het bevestig werkers kan nou terugkeer werk toe:

Read More

Vyf N$5,7m dagga-verdagtes borg geweier - October 22, 2021

Die vyf mans wat in hegtenis geneem is in besit van 5,7 miljoen Namibiese dollar se dagga is borg in die Windhoek-landdroshof geweier. Drie Namibiërs, Rhensley Auchab, Sydney Garoëb en Shaun Krems het saam met die Zimbabwiese burger Kabotsa Willard en Paul Jonas van Tanzanië verskyn. Die vyf is Maandag gedurende ‘n geheime operasie in […]

Read More

NRU vra weer reël 108 uitstel - October 22, 2021

Die Namibiese Rugby-unie vra die hoërhof weer vandag vir ‘n uitstel van die reël 108 aansoek deur Solitaire Press vir uitstaande skuld van net minder as 105 000 Namibiese dollar. Die unie het in Augustus, ter elfder uur, verdediging aangeteken nadat ‘n bevel van die beslaglegging van die Hage Geingob-stadion reeds in die hof uitgereik […]

Read More

85 jaar vir 3 renosters - October 22, 2021

Drie mans is tronkstraf van 85-jaar opgelê nadat hulle drie renosters by die Pilanesberg-wildreservaat in Noordwes in Suid-Afrika gestroop het. Die Mogwase Streekhof het Arlendo Mhlanga, Adam Hlongwane en Inancio Chauke gevonnis nadat hulle in 2018 in hegtenis geneem is. Polisiewoordvoerder Henry Mamothame sê die horings met ‘n waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar wat […]

Read More

Tot 180 000 gesondheidswerkers dood aan Covid - October 22, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat tussen 80 000 en 180 000 gesondheidsorgwerkers moontlik van Januarie verlede jaar tot Mei vanjaar aan Covid-19 gesterf het. Daar is wêreldwyd ongeveer 135 miljoen gesondheidsorgwerkers. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daadwerklike stappe moet gedoen word om gesondheidsorgwerkers wêreldwyd beter te beskerm teen Covid-19 en ander gesondheidskwessies. […]

Read More

Duitsland, nie Duitsers, moet verantwoording doen - October 22, 2021

Die kwessie van die Duitse volksmoord word in elke uithoek van die land bespreek en sorg tans vir ‘n warm debat in die Nasionale Vergadering. Dit het die parlement verdeel sowel as verskeie gemeenskappe in die land. Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, is van mening dat Duitse Namibiërs nie […]

Read More

NHE is kolossale mislukking - October 22, 2021

Die leier van die RDP-party Mike Kavekotora beskryf die 600 huise wat die Nasionale Behuisingsonderneming in die afgelope vyf jaar gebou het as ‘n kolossale mislukking. Kavekotora was self tussen 2000 en 2005 die hoof van die onderneming en hy sê dat die huidige bestuur die maatskappy in die grond indryf. Hy sê daar moet […]

Read More

Oorskot is Brian Laundrie - October 22, 2021

Die oorskot wat in die Florida-bewaringsgebied gevind is, is bevestig om Brian Laundrie te wees. Die FBI sê tandheelkundige rekords is gebruik om dit te bevestig. Laundrie is reeds meer as ‘n maand vermis na hy sonder sy verloofde, Gabby Petito na ‘n vakansie by die huis aangekom het. Petito se oorskot is op 19 […]

Read More

ANC moet aanspreeklik gehou word – Mbeki - October 22, 2021

Die Suid-Afrikaanse oud-president Thabo Mbeki sê die ANC moet aanspreeklikheid aanvaar vir sy verbreekte beloftes. Mbeki was gisteraand in Parktown, Johannesburg, in gesprek met sakelui en beroepslui, as deel van die regerende party se verkiesingsveldtog voor die plaaslike regeringsverkiesings op 1 November. Mbeki sê die ANC maak allerlei beloftes in sy verkiesingsmanifes, maar sê nie […]

Read More

Inentingsveldtog skop af - October 22, 2021

Die Namibiese inligtingsministerie het die landwye Get Vaccinated and Kick Covid-19 Out of Namibia-veldtog van stapel gestuur. Die inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het gesê dit is belangrik dat Namibië teen Maart volgende jaar kudde-immuniteit moet bereik. Dié veldtog, asook MTC se VAX UP 081-veldtog sal tot 10 Desember duur.

Read More