
Meer as 23 000 olifante in Namibië - October 24, 2021
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê Namibië het 23 736 olifante wat basies beteken dat daar geen risiko is vir uitwissing van die diere in die land nie. Die ministerie het onlangs 57 van 170 olifante verkoop vir 5,9 miljoen Namibiese dollar. Die diere kom vanaf die noordooste en noordweste van die land waar baie […]
11 Picasso skilderye verkoop vir US$100m - October 24, 2021
Elf Picasso kunsstukke het in Los Angeles by Sotheby’s onder die hamer gegaan meer as 100 miljoen Amerikaanse dollar ingewin. Die veiling het plaasgevind net voor wat Picasso se 140ste verjaarsdag, môre op 25 Oktober sou wees. Die duurste stuk was sy 1938 skildery van sy minnaar en muses, Marie-Therese Walter, wat vir 40,5 miljoen […]
Vandag in 1929, 2008: markte val skerp - October 24, 2021
Vandag is ‘n geskiedkundige dag van aandelemarkte. Vandag in 1929, het die Groot Depressie begin. Bekend as Black Thursday, het die Dow Jones met 12,8 persent geval, wat die begin van die depressie was. En ironies genoeg, is dit presies dieselfde dag in 2008, bekend as Bloody Friday, wat beurse regoor die wêreld gedaal het […]
UNESCO Media-week in SA - October 24, 2021
Suid-Afrika is die gasheer van die 10de UNESCO Wêreldwye Media-inligting en Geletterdheidsweek wat aanlyn gehou gaan word. Dit vind vanaf môre tot 29 Oktober plaas en die onderwerp is “Media- en inligtings-geletterdheid vir almal se béswil”. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sal namens President Cyril Ramaphosa die openingstoespraak lewer. Motshekga sal ook ‘n […]
NamWater rantsoeneer water aan Rundu - October 24, 2021
Die hoof uitvoerende beampte van NamWater Abraham Nehemia sê water sal aan Rundu gerantsoeneer word. Dit volg na verskeie onderbrekings die afgelope paar weke. Rundu is op voorafbetaalde water by NamWater as gevolg van skuld van meer as 124 miljoen dollar aan die watervoorsiener. Nehemia sê water sal tot en met 27 Oktober so aan […]
Mengsel van entstowwe gee beter beskerming - October 24, 2021
Die jongste navorsing in verband met Covid-inentings toon dat die vermenging van entstofsoorte beter immuniteit bied. Gesondheidswerkers in Frankryk wat die eerste dosis AstraZeneca ontvang het en met Pfizer vir die tweede dosis ingeënt is, ‘n baie sterker immuunreaksie getoon het. Die vermenging van entstowwe is nie ongewoon in die wetenskap nie en navorsers sê […]
Eskom gesels met klimaatkenners - October 24, 2021
Eskom in Suid-Afrika het samesprekings gevoer met internasionale klimaat-afgevaardigdes. Volgens die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Andre de Ruyter is daar vergader met Britse, Amerikaanse, Duitse en Franse kenners in die gebied. De Ruyter soek befondsing om oor te skakel van steenkool aangedrewe kragopwekking. Suid-Afrika is die wêreld se 12de besoedelaar en die ANC-regering het […]
Shack Dwellers voltooi nog 20 huise in Okh - October 24, 2021
Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het 20 huise oorhandig aan die Shack Dwellers-federasie in die Oshetu-nedersetting in Okahandja. Die huise is gebou deur die federasie in samewerking met die Pupkewitz-stigting, Ohorongo-sement, FNB, Neo Paints en die munisipaliteit van Okahandja. Uutoni het die federasie geloof vir sy uitstekende werk om behuising te verseker […]
Saoedi gaan groen, baie groen - October 24, 2021
Die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, het by ‘n mylpaal-konferensie in Riyadh onderneem dat sy land teen 2060 koolstof-neutraal sal wees. Hy sê Saoedi-Arabië wil ‘n wêreldbestemming vir volhoubare toerisme word en Riyadh tot een van die mees volhoubare stede in die wêreld ontwikkel. Prins Charles, wat die konferensie aanlyn toegespreek het, het die […]
Nam ontvang 124 000 dosisse Pfizer - October 24, 2021
Die Namibiese ministerie van gesondheid het ‘n tweede skenking van net meer as 124 000 dosisse Pfizer-entstof vanaf die VSA ontvang. Die Amerikaners het al die vervoerkostes gedek en die Covax-fasiliteit het die logistieke hanteer. Die uitvoerende direkteur van die ministerie Ben Nangombe sê die skenking kom op ‘n goeie tyd met die loods van […]