
Besighede wil terug na normaal - September 7, 2021
Besighede is tans besig om te herstel nadat dit hard deur die Covid-pandemie getref is. Volgens Bisey Uirab, die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, is besighede in Namibië positief om weer te herstel en die ekonomie te herstel. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sakelui hoop dat besighede weer na […]
Ons herdenk van skoon, en bloul lug - September 7, 2021
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het vandag as die Internasionale Dag vir Skoon en Blou Lug verklaar. Dit volg op die internasionale gemeenskap se toenemende belangstelling in skoon lug en die beklemtoning van die behoefte aan nog pogings om luggehalte te verbeter ten einde mense se gesondheid te beskerm. ‘n Greenpeace-aktivis in Suid-Afrika, Thandile […]
WGO verwelkom G20 verbintenis tot billike entstofverspreiding - September 7, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die ooreenkoms van die G20 gesondheidsministers verwelkom oor die belangrikheid om 40 persent van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar teen Covid-19 in te ent. Die ministers het in Italië vergader waar hulle opnuut hul verbintenis tot wêreldwye solidariteit, billikheid en ‘n multi-laterale benadering asook doeltreffende oorsig verklaar […]
Redforce sê Gobabis skuld hom amper N$5m - September 7, 2021
Redforce Debt Management dagvaar die munisipaliteit van Gobabis in twee eise ter waarde van net meer as 4,8 miljoen Namibiese dollar en 810 000 dollar. Die maatskappy sê hy word die geld geskuld in kommissie vir skuld wat hy vir die plaaslike owerheid ingevorder het. Hy sê hy het ‘n kontrak met die munisipaliteit onderteken […]
Parlement hervat vandag, volksmoord hoog op die agenda? - September 7, 2021
Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy bedrywighede in die vierde sessie. Die huis het middel Junie sy derde sessie gestaak as gevolg van stygende Covid-gevalle. Die huis is agter en daar is talle wetsontwerpe wat bespreek moet word sowel as die volksmoord ooreenkoms wat die regering met Duitsland onderteken het. Talle opposisielede het ook mosies […]
Veldbrande wek kommer, ministerie doen opleiding - September 7, 2021
Veldbrande is die afgelope tyd in al die uithoeke van die land gerapporteer, veral die sentrale dele van die land. Groot skade is aan infrastruktuur aangerig en weiding vir vee en wild is vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het aan die toerismeministerie gevra hoe die veldbrande die toerismebedryf raak. Die woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die veldbrande […]
Inentings en ekonomiese herstel loop saam – Cyril - September 7, 2021
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die inenting van die meeste volwassenes teen Covid-19 is ‘n onontbeerlike komponent vir die welslae van die land se ekonomiese herstel. Hy het in sy afsluitingstoespraak by die lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê veldtogte word opgeskerp om mense aan te moedig om hulle te laat inent. […]
Federale regering bekyk Texas aborsie-wet - September 7, 2021
Die Amerikaanse departement van justisie sê hy sal aanvalle op persone wat of ‘n aborsie soek, of die diens verskaf, in Texas duld nie. Die land se aanklaer-generaal Merrick Garland sê sy departement kyk na moontlike maniere om die nuwe wetgewing in Texas uit te daag. Die deelstaat het alle aborsies na ses weke onwettig […]
Grens-kwessie kort aandag – Netumbo - September 7, 2021
Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah sê daar is wel kwessies by land se grens met Botswana wat aangespreek moet word. Sy het aan die einde van verlede week ‘n besoek aan die gebied by die Chobe-rivier in die Zambezi-streek met haar eweknie in Botswana, dr. Lemogang Kwape afgelê. Die twee het met […]
Zuma-parool ‘n geleentheid vir opposisie - September 7, 2021
Die mediese parool van die voormalige president Jacob Zuma is een vonk minder in die kruitvat van die ANC se politiek. Dit is die mening van die politieke ontleder Daniel Silke. Die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat volg twee maande na hy as ‘n gevangene by die Estcourt korrektiewe sentrum in […]