Dis hoe mense saamstaan… - October 5, 2021

Die projekbestuurder van ‘n Facebook-groep met meer as 143 000 volgelinge, We Are South Africans, sê hulle het tydens uitreikveldtogte na boere ná die onluste in Julie verskeie versoeke ontvang. Gilbert Martin sê een verhaal wat hulle regtig aangemoedig het om hoop te versprei, was dié van ‘n boer wat honderde kilometer afgelê het om […]

Read More

Brent ru-olie verhandel nou bo US$81 - October 5, 2021

Die Brent ru-oliepryse verhandel op die oomblik net bo 81 Amerikaanse dollar per vat. Daar is wel protesaksie by Sudan se hawe wat deur Suid-Sudan gebruik word vir sy olie uitvoere maar, die Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê daar is ander faktore wat die prys opstoot.

Read More

Facebook vra om verskoning, onderbreking sy netwerk se skuld - October 5, 2021

Facebook Incorporated se tegniese hoof het verskoning gevra nadat baie van die sosialemediaplatform se 2,7-miljard gebruikers regoor die wêreld deur ‘n reuse-onderbreking getref is. Santosh Janardhan sê ingenieurspanne het uitgevind veranderings aan samestellings op die ondersteuning-senders wat netwerkverkeer tussen data-sentrums koördineer, het die onderbreking veroorsaak. Hy sê hierdie ontwrigting van netwerk-verkeer het ‘n uitgebreide uitwerking […]

Read More

Ramaphosa lei SAOG-troika - October 5, 2021

President Cyril Ramaphosa tree vandag in Pretoria op as voorsitter op ‘n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor Mosambiek. Die beraad sal na verwagting ‘n vorderingsverslag ontvang oor die SAOG se bedrywighede sedert dit in Mosambiek ontplooi is. Die Presidensie sê hulle sal die pad vorentoe bespreek oor die ontplooing van magte om terrorisme en […]

Read More

Rasseklag by NV ‘n ‘goeie ding’ - October 5, 2021

Die Suider-Afrikaanse regering is vir die eerste keer formeel by die Verenigde Nasies oor sy rassebeleid verkla. Dr. Dirk Hermann, bestuurhoof van Solidariteit in die buurland sê die organisasie het sy klagte ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie by die VN in Genève, Switserland, ingedien. Solidariteit sê die ANC-regering is ‘rasmal’. Dr […]

Read More

NCCI sal klagtes oor inenting aanhoor - October 5, 2021

Verpligte inentings is plaaslik reeds ingestel by Mediclinic sowel as die Namibiese weermag. Daar is gerugte dat maatskappye reeds die maatreël toepas maar, volgens die regering, is inenting steeds vrywillig. Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid sê hulle is bereid om klagtes van werknemers in die verband aan te hoor, soos die kamer se […]

Read More

Handelsyfers vir Augustus bekend - October 5, 2021

Die Namibiese Statistieke-agentskap het handelsyfers vir Augustus bekend gemaak. Die handelstekort het vanaf 3,5 miljard Namibiese dollar wat in Julie gemeet is, gekrimp tot 2,9 miljard dollar in Augustus. Op ‘n maandgrondslag het uitvoere in Augustus met 41,5 persent gegroei na 7,1 miljard dollar. Maar alles is nie rooskleurig nie, soos Theo Klein, ekonoom by […]

Read More

George Floyd kry dalk kwytskelding op dwelm skudigbevinding - October 5, 2021

Texas se raad vir kwytskeldings en parool het gestem op die aanbeveling dat George Floyd ‘n volle kwytskelding ontvang op sy 2004 skuldigbevinding op ‘n dwelmklag. Floyd, 46, is op 25 Mei 2020 dood nadat Derek Chauvin, ‘n Minneapolis-polisieman vir nege minute sy knie op sy nek gehou het. Chauvin is intussen skuldig bevind op […]

Read More

Covid pas rouproses aan, vererger stres, geestestoestand - October 5, 2021

Kenners meen dat Covid-19 die manier wat ons treur met die afsterwe van ‘n geliefde heeltemal verander het. Volgens die bestuurder van die Wes-Kaapse Universiteit se terapeutiese dienste Roné Gerber, bied bekende rituele vertroosting. Geestesgesondheid ly onder die gedwonge aanpassings, sê Gerber.

Read More

APP gaan weer hof toe oor Ndonga Linena - October 5, 2021

Die All People’s Party sal weer die Verkiesingshof nader in verband met die uitslae van die 2020 Ndonga Linena kiesafdeling se streeksraad verskiesing. Die party se sekretaris-generaal Vincent Kanyetu sê hulle is steeds nie tevrede. Die oortel van die stembriewe het bevind Swapo het gewen.

Read More