
N$2,8 miljard se uitgawes by SABC is onreëlmatig - October 6, 2021
Die SABC kon nie besonderhede verskaf nie oor transaksies wat as onreëlmatige uitgawes aangedui is, en moet dus ‘n gekwalifiseerder oudit-mening van die ouditeur-generaal vir die 2020-2021 finansiële jaar te wagte wees. Die openbare uitsaaier het onreëlmatige uitgawes ten bedrae van 2,8 miljard Suid-Afrikaanse rand laat oploop. Van die belangrikste uitgawes sluit in verskaffers wat […]
Dit brand noord en suid van Whk - October 6, 2021
Die brand wat gister by ‘n pakhuis in Brakwater net noord van die hoofstad om ongeveer kwart voor 12 ontstaan het en vinnig na Elisenheim versprei het, brand steeds en beweeg in ‘n oostelike rigting. Owerhede het volgens berigte groot uitdagings gehad met personeel tekorte by die brandweerdiens. Intussen het nog ‘n brand, ongeveer dieselfde […]
Hotel en RDP skik in hofsaak - October 6, 2021
Die Cest si Bon Hotel in Otjiwarongo en die Rally for Democracy and Progress het geskik in ‘n saak waar die hotel die party dagvaar vir 31 000 dollar. Die hotel sê dat die party 26 van sy lede daar vanaf 11 tot 13 Oktober 2019 daar gehuisves het. Die party se rekening van net […]
Bulls hoop op ‘n beter vertoning die naweek - October 6, 2021
Die Bulls se stut, Lizo Gqoboka, sê hulle hoop om beter te vertoon wanneer hulle Saterdag in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Cardiff Blues in Cardiff speel. Ten spyte van begeesterde spel in die eerste helfte van die wedstryd verlede Vrydag teen Connacht, het die Bulls in moeilike weersomstandighede die knie met 34-7 voor die Iere […]
Parlementstuine steeds toe vir publiek - October 6, 2021
Die Parlementstuine is steeds besig om opgeknap te word. Alhoewel 75 persent van die tuine gereed is, is daar steeds opknappings wat gedoen moet word voordat dit vir die publiek oopgemaak kan word. David Nahogandja, die parlement se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die opknapping van die ablusiegeriewe is nog uitstaande. Die nuwe heining […]
TUN eis salarisverhogings in 2022 - October 6, 2021
Die Onderwysersunie van Namibië, TUN, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, het gesê hulle verwag dat onderwysers se salarisse volgende jaar sal verhoog. Hy het gesê as dit nie gebeur nie, sal hulle vanaf die strate met die regering onderhandel. Kavihuha het gesê onderwysers ly vir die afgelope sewe jaar honger sonder salarisverhogings, terwyl pryse van alles […]
Dickason kan moontlik onskuldig bevind word - October 6, 2021
Die voormalige Suid-Afrikaanse dokter wat na bewering haar dogtertjies in Nieu-Seeland vermoor het, kan weens ontoerekensvatbaarheid onskuldig bevind word. Die moontlikheid bestaan ook dat die land Lauren Dickason kan deporteer. Haar man, dr. Graham Dickason, het op 16 September op die lyke van hul drie dogtertjies in die gesin se huis in Timaru afgekom. Lauren […]
Happen to be International Relationships Successful? - October 6, 2021
Are international marriages effective? Some people problem this, and it’s not an convenient question to answer. The reality is the particular unions are susceptible to problems, such as disillusioned beneficiaries, nevertheless overall, there is a higher effectiveness. In addition , this type of union is mostly a sort of global experiment, whereby people learn to […]
Universiteit Stellenbosch doen studie oor lang-Covid - October 5, 2021
‘n Nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch het bevind dat mense met lang-Covid hoë vlakke van inflammatoriese mikro-deeltjies in hul bloedstrome het. Volgens navorsers, blyk dit dat dié mikro-molekules verantwoordelik is vir die langdurige simptome van lang-Covid wat pasiënte ervaar. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.
Tientalle groen waterslange in KwaZulu-Natal gered - October 5, 2021
‘n Omgewingsbewaarder van KwaZulu-Natal het tientalle groen waterslange gered uit ‘n huiseienaar se swembad aan die Noordkus. Nick Evans sê die slange was bo en onder die rooster van ‘n dreineringstelsel aan die kant van die swembad. ‘n Hoogs dragtige slang is ook gered. Evans sê die groen waterslange, wat nie giftig is nie, lyk […]