
Enoch kry week se uitstel vir mediumtermyn-begroting - October 27, 2021
Die speaker van die Nasionale Vergadering in Suid-Afrika, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ‘n versoek van die minister van finansies, Enoch Godongwana, goedgekeur om die datum van die voorlegging van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk uit te stel. Dit word met ‘n week verskuif tot 11 November. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die nuwe datum is as gevolg van […]
Boere moet by Amta registreer om surplusse te verkoop - October 27, 2021
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het verlede maand ‘n beroep op boere gedoen om hul mielies, sorghum en mahangu op te gaar. Daar is egter boere wat nog nie geregistreer het of weet hoe die proses werk nie. Sampofu het gesê verlede jaar het Amta sowat 1 300 ton mahangu van kleinskaalse boere […]
Onderonsie by grenspos lei tot skietery - October 27, 2021
‘n Onderonsie het by die Katima Mulilo-grenspos tussen Namibië en Zambië tussen Namibiese polisiebeamptes en jong Zambiese handelaars uitgebreek. Die Zambiërs het glo die Namibiese polisie met klippe bestook. ‘n Vroulike polisiebeampte het in die proses geval waartydens haar kollega haar tot hulp moes snel en waarskuwingskoot afgevuur het. ‘n Zambiese polisiebeampte het ook glo […]
Kunene-inentings vorder goed - October 27, 2021
Die Namibiese inligtingsministerie se Covid-inentingsveldtog het in die Kunene-streek afgeskop. Volgens die senior gesondheidsbeampte Jason Ndahepele is tot dusver 10 230 inwoners van die streek te volle ingeënt. Altesaam 19 447 mense het hul eerste dosis Covid-entstof ontvang wat 29 persent van die streek se bevolking is. Daar is 33 inentingstasies in die streek.
Werkloosheid onder Namibiese jeug kan 50,3% einde 2021 bereik - October 26, 2021
Sommige jong politici het ‘n beroep op Namibiese President Hage Geingob gedoen om ‘n noodtoestand oor jeugwerkloosheid af te kondig. Volgens die Verenigde Nasies se Jeugbeleidsverslag van 2021, het Namibië een van die jongste bevolkings in Afrika waar werkloosheid onder die jeug 50,3 persent teen die einde van die jaar kan bereik. ‘n Jong navorser […]
SA omgewingsminister sê kreefkwotas moet hersien word - October 26, 2021
Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy sê sy het die nuut-aangestelde raadgewende advies-forum versoek om die toelaatbare vangste vir die 2021/2022 kreefseisoen te hersien. Creecy sê haar departement het baie klagtes en teenkanting gekry na kreef-kwotas vir vanjaar se vangseisoen aansienlike verminder is. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …
EFF in Limpopo verwag weghol-oorwinning in verkiesing - October 26, 2021
Die EFF in Limpopo is vol vertroue dat hy ‘n weghol-oorwinning gaan behaal in Maandag se munisipale verkiesing. Die party het planne bekend gemaak om die nywerheidsparke in Seshego en Lebowakgomo op te knap en sodoende sowat 40 000 werksgeleenthede te skep. EFF-voorsitter, Jossey Buthane, voeg by die party sal seker maak alle straathandelaars in […]
VF+ veroordeel Krieket SA se kniel-opdrag aan Proteas - October 26, 2021
Die VF+ sê Krieket Suid-Afrika se besluit om die Proteas te verplig om voor elke T20-wêreldbekerwedstryd te kniel in solidariteit teen rassisme is skynheilig en politieke inmenging van die grofste aard. Die party het in ‘n verklaring gesê dit sal sport oor die algemeen en krieket in besonder in Suid-Afrika onmeetbare skade aanrig. Volgens die […]
Jeff Bezos wil kommersiële ruimtestasie bedryf - October 26, 2021
Jeff Bezos sê hy wil teen die einde van die dekade ‘n kommersiële ruimtestasie bedryf. Die stigter van die Amerikaanse tegnologie-reus Amazon se ruimtetoerisme-maatskappy, Blue Origin, sê hulle sal saam met Sierra Space en Boeing werk om Orbital Reef van byna 10 000 vierkante meter te bou. Dit sal ‘n sakepark vir gemengde gebruik in […]
Kommissaris Sam Shivute van NamRA verduidelik samewerkingsooreenkoms met Bipa - October 26, 2021
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se kommissaris Sam Shivute sê daar was voorheen ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die ministerie van finansies en die Besigheid en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa. Hy het ‘n vergadering met bestuurders van Bipa gehou en ‘n samewerkingsooreenkoms is tussen NamRa en Bipa onderteken. Bipa se waarnemende uitvoerende hoof, Aina Kaundu, sê hulle sien uit […]