
Namfisa-wetgewing in Staatskoerant gepubliseer - October 6, 2021
Die Namfisa-wet is in die Staatskoerant gepubliseer en die owerheid, wat oorsig oor finansiële instellings in die land doen, se beleidsraamwerk en pligte, sowel as mandaat is saamgevat in die wetgewing. Die owerheid se woordvoerder Victoria Muranda verduidelik. Die twee wette sal die owerheid in staat stel om standaarde en riglyne daar te stel wat […]
SAOG-mag brei uit in Mosambiek - October 6, 2021
Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het hul lande se militêre teenwoordigheid uitgebrei in ‘n poging om ontslae te raak van jihadiste-onrus in die noorde van Mosambiek. President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het tydens die Troika-beraad wat in Pretoria gehou is, gesê hulle het ‘n betekenisvolle bydrae gelewer om vrede en sekerheid in Mosambiek teweeg te […]
Kommer oor toenemende inflasie in SA - October 6, 2021
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die ekonomie het aanhou herstel ten spyte van terugslae weens verskeie vlae Covid-19 en die onrus in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die bank het sy Monetêre Beleidsoorsig vir hierdie maand vrygestel. Die Reserwebank sê egter die inflasierisiko het gestyg en oor ‘n wyer front voorgekom, terwyl reële rentekoerse as gevolg […]
Nictus-baas hardloop teen Christine, Beatrice - October 6, 2021
Nictus Furnishers Namibia se hoof uitvoerende beampte Francois Wahl is, soos hulle sê, ‘n yster. Wahl sal op 14 Oktober, wanneer Nictus ‘n oorhandiging aan Christine Mboma en Beatrice Masilingi doen, sommer die 100-meter kaf draf, nogal teen die twee. Dit vind by Nictus Giga om tien-uur in die hoofstad plaas. Wahl sê hy sal […]
Keniaanse regeringmoet intree oor plaagdoders, sê Greenpeace - October 6, 2021
Greenpeace Afrika doen ‘n beroep op die Keniaanse regering om op te tree en kleinskaalse boere wat 80 persent van die Afrikabevolking suid van die Sahara voed, te ondersteun en te beskerm. Om dit te doen, moet hulle ophou om plaagdoders te gebruik om sprinkane te beheer. Greenpeace se monsters en ontledings om vas te […]
Covid belemmer steeds ekonomiese herstel - October 6, 2021
Die Internasionale Monetêre Fonds se besturende direkteur, Kristalina Georgieva, sê wêreldwye ekonomiese herstel word steeds deur die Covid-19-pandemie en sy invloed gestrem. Die IMF het in Julie wêreldwye groei van ses-persent vir vanjaar voorspel, maar die fonds verwag nou dat dit ietwat laer sal wees. Georgieva sê die onmiddellikste struikelblok is die groot inentingsgaping met […]
Kaapstad verheug oor rolprent-verfilming aansoeke - October 6, 2021
Die somer is die belangrikste tyd van verfilming in Kaapstad en dus het die stad se kantoor wat permitte hiervoor uitreik, sy ondersteuning aan die rolprentbedryf uitgebrei. Die kantoor monitor tans sowat 50 produksies. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die stadsraad het oor die afgelope drie maande 671 permitte uitgereik. Dis […]
SPYL sê dit was Telecom se skenking - October 6, 2021
Telecom Namibia het ‘n verklaring uitgereik waar hy ontken dat die skenking van 150 lessenaars en stoele wat hy aan die Okanghudi Gekombineerde Skool in die Onhangwena-streek gemaak het, in samewerking met die Swapo-party se jeugliga gedoen is. Volgens die maatskappy was daar berigte dat die jeugliga betrokke was maar, die 90 000-dollar skenking is […]
Dickason word in Maart 2023 verhoor - October 6, 2021
Die Suid-Afrikaanse ma en dokter wat daarvan aangekla word dat sy haar drie kinders in Nieu-Seeland vermoor het, sal in Maart 2023 verhoor word. Lauren Dickason word daarvan beskuldig dat sy verlede maand die tweejarige tweeling, Maya en Karla, en hulle sesjarige sussie, Liane, by hulle huis in Timaru vermoor het. Dickason het gister toestemming […]
Covid, natuurlike immuniteit & die entstof - October 6, 2021
Namibia Fact Check het gemaan oor die vertroue wat in ‘n Israelse studie geplaas is oor natuurlike immuniteit teen Covid. Volgens Frederico Links van Namibia Fact Check is die studie nog nie deur die wetenskaplike gemeenskap hersien nie. Hy voeg by dat lede van die gemeenskap wat teen die Covid-inenting gekant is, miskyk dat die […]