
Klopjag by gevangenis in KwaZulu-Natal lewer selfone, dagga op - October 12, 2021
Beamptes van Korrektiewe Dienste in die buurland het ‘n klopjag by die Qalakabusha Korrektiewe Sentrum in Empangeni, KwaZulu-Natal, uitgevoer en minstens 30 selfone, skerp voorwerpe en onwettige dwelms ontdek. Daar is ook beslag gelê op dagga met ‘n straatwaarde van meer as 12 000 rand. Altesaam 269 gevangenes is tydens die klopjag uit hul selle […]
Twee verdagtes vas oor rooftog, moord by juwelierswinkel in Centurion - October 12, 2021
Twee verdagtes van 23- en 24-jaar is in Hillbrow, Johannesburg, vir roof en moord in hegtenis geneem ná gister se rooftog by ‘n juwelierswinkel in die Centurion-winkelsentrum. Die 55-jarige winkeleienaar is noodlottig gewond. Die verdagtes is ook in besit betrap van die voertuig wat na bewering gebruik is om van die toneel te vlug. Die […]
Kleinskaalse boere by Aroab soek nóg boerderygrond - October 12, 2021
Kleinskaalse boere en ander gemeenskapslede van Aroab het ‘n vreedsame betoging na die Aroab-nedersettingsraad gehad om meer grond vir boerdery te eis. Sowat 17 kleinveeboere boer tans op ‘n stuk grond van 5 000 hektaar wat aan die raad behoort en hulle sê dit het te klein geword vir die aantal boere en vee wat […]
Aanlynkursus in astronomie en sterre-toerisme gewild in toerismesektor - October 12, 2021
Die Universiteite van Namibië en Oxford het ‘n suksesvolle aanlynkursus in astronomie en sterre-toerisme aangebied, sê dr. Michael Backes, senior lektor in fisika en chemie van Unam. Hy sê 864 mense het vir die aanlynkursus geregistreer waarvan 30 persent Namibiërs en nege persent Suid-Afrikaners was. Die meerderheid mense is uit die toerismesektor.
Uraan-eksplorasie by Leonardville ook in Nasionale Vergadering bespreek - October 12, 2021
Die debat oor die voornemende uraan-eksplorasie in die Leonardville-omgewing van die Russiese maatskappy in staatsbesit, Rosatom, duur voort, dié keer in die Nasionale Vergadering. Nico Smit, parlementslid van die Popular Democratic Movement, het aan die landbouminister Calle Schlettwein, gevra om sy versekering aan Namibiërs te gee dat die proses gestop word en waarom Rosatom toegelaat […]
Britte koop vroeg voor Kersfees Kerspoedings - October 12, 2021
Britte het verlede maand ‘n halfmiljoen Kerspoedings gekoop al is dit nog meer as twee maande voor Kersfees. Volgens syfers wat pas deur die marknavorser Kantar bekend gemaak is, het 449-duisend mense in September begin Kerspoedings koop, wat 75 persent meer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die verkope van bevrore vulsels is 37 persent hoër en dié van bevrore hoender en […]
Reuse-tekort aan geestesgesondheidsfasiliteite in Namibië - October 12, 2021
Die geestesgesondheidswetsontwerp sal vroeg volgende jaar in die parlement ter tafel gelê word, het die senior geestesgesondheidsbeampte in die gesondheidsministerie, Magdalena Didalelwa, gesê. Namibië het slegs een ten volle openbare geestesesondheidsfasiliteit by die Windhoek Sentrale Hospitaal, een saal by die Oshakati-staatshospitaal en die private Bel Esprit-fasiliteit. Data dui aan dat tussen April 2019 en Maart 2020, is ten minste 5 139 mense in […]
Namibië kan ook afname in huispryse verwag - October 12, 2021
‘n Namibiese eiendomsagent het reageer op die Suid-Afrikaanse opname van FNB Eiendomsagente. Dit dui aan die afwaartse neiging in huispryse het in September voortgeduur, met die aanwyser van die huispryse van FNB wat jaar-tot-jaar tot drie persent vir verlede maand gedaal het van 3,6 persent in Augustus. Dit beteken dat die groei in huispryse gemiddeld […]
NamPost-werkers betoog oor salarisverhogings - October 12, 2021
NamPost het die vreedsame betoging van sy lede van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, oor salarisverhogings bevestig. NamPost het ‘n reeks vergaderings met Napwu oor salarisverhogings gehad, maar die twee partye kon nie ‘n konsensus bereik nie. Napwu eis salarisverhogings van 11,02 persent en NamPost bied ‘n verhoging van 1,5 persent aan. Napwu het […]
Angus Buchan lei biddag ná verwoestende brande - October 12, 2021
Die bekende prediker Angus Buchan lei môre ‘n biddag in die Noord-Kaap ná die onlangse verwoestende brande in die omgewing. Die geleentheid vind om twaalfuur die middag by Voorspoed naby Douglas plaas. Buchan sê hy is baie bekommerd nadat brande honderde duisende hektaar weiding sowel as geboue en diere vernietig het. Hy het almal uitgenooi […]