
Kredietgesondheid verbeter in SA - September 29, 2021
Suid-Afrikaanse verbruikers se kredietgesondheid het gestabiliseer. Volgens die verbruikerskredietagentskap TransUnion wys die tweede kwartaal van 2021 se Suid-Afrikaanse Bedryfs-insigverslag op verskeie voortgesette tendense sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie, met uitsonderings in laat terugbetalings. Uitstaande balanse op huislenings het met 15,3 persent toegeneem, terwyl 10,6 persent van uitstaande balanse op kredietkaarte verbruikers se huishoudelike begrotings […]
Jongste oor hepatitis-E in Namibië - September 29, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het die jongste syfers in verband met hepatitis-E bekend gemaak. Gedurende die laaste agt weke, wat tot en met 15 Augustus waargeneem is, is tien nuwe gevalle regoor die land bevestig met nege in Khomas en een in Erongo. ‘n Epidemie is op 14 Desember 2017 verklaar en teen April 2018, is […]
Covid: meer as ‘n derde het langtermyn-simptome - September 29, 2021
Meer as ‘n derde van alle Covid-pasiënte wat van die virus herstel het, toon een langtermyn simptoom vir tot ses maande na die infeksie. Dit is die bevinding van navorsing wat deur Oxford-universiteit gedoen is. Die algemeenste simptome sluit asemhaling-probleme, moegheid, pyn en angs in. Die studie het 270 000 pasiënte wat herstel het in […]
SSC verbreed dienste na aanlyn toe - September 29, 2021
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie sê aansoeke vir sertifikate wat toon dat besighede op datum is met betalings en in goeie stand is by die kommissie kan nou aanlyn gedoen word. Volgens Unomengi Kauapirura, die kommissie se bestuurder van kommunikasie, is die stap ook genoodsaak deur beperkings wat deur Covid veroorsaak is.
Tafeldruif-bedryf maak gereed om te oes - September 29, 2021
Die Namibiese tafeldruiwebedryf is winsgewend vir die Namibiese ekonomie. Namibië het verlede jaar tafeldruiwe na vyf Europese lande uitgevoer wat ‘n inkomste van 684,2 miljoen Namibiese dollar ingebring het. Met die oesseisoen in November, is die Namibia Grape Company by Aussenkehr in die Karas-streek, een van die uitvoerders, slaggereed vir voorbereidings. Die besturende direkteur, Gideon […]
Bokke verstaan die kritiek teen hulle, sê Rassie - September 29, 2021
Suid-Afrika se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, sê die Springbokke verstaan, stem saam en kla nie oor die verdiende negatiwiteit wat hulle tans ontvang nie. Die Bokke het in die Kampioenskap twee keer teen die Wallabies verloor voordat hulle ook net-net teen die All Blacks vasgeval het. Erasmus sê hulle sal nie van wegskram van […]
Maak so om brande in steddelike gebiede te voorkom - September 29, 2021
Veldbrande is oral in die land ‘n uitdaging en ook so in dorpe en stedelike gebiede. Stad Windhoek het buurtwagte genader om te verseker dat inwoners sekere maatreëls toepas wat insluit dat erwe tussen drie tot ses meter van die grens skoon gehou moet word. Tuinvullis moet ook nie gestrooi word nie en ook nie […]
Kernkrag nie meer gewild nie - September 29, 2021
Kernkrag neem volgens kenners af. Die 2021 Wêreld Kernindustrie Statusverslag toon dat opwekkingskapasiteit met ‘n skamele 400 megawatt in 2020 gegroei het. Die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland sê son- en windkrag word al hoe meer gewild regoor die wêreld.
Hecht verbind hom tot ‘n beter Windhoek - September 29, 2021
Die Independent Patriots for Change se nuwe raadslid by die Windhoek Stadsraad, Jürgen Hecht is vanoggend ingesweer. Hecht sê die uitdagings is groot maar, hy sal alles in sy vermoë doen om hulle aan te spreek.
Pfizer vra goedkeuring vir sy entstof vir kinders, 5 tot 11 - September 29, 2021
Pfizer het die uitslae van sy proewe van sy Covid-entstof op kinders tussen die ouderdom van vyf en 11 by Amerikaanse owerhede ingedien vir goedkeuring vir gebruik. Die Amerikaanse administrasie vir voedsel en medisyne het aangekondig dat hy dit dringend sal hersien en daar word verwag dat ‘n besluit teen die einde van Oktober gemaak […]