DA: Ramaphosa moet verantwoordelik vir Digital Vibes-korrupsieskandaal neem - September 29, 2021

Die DA sê President Cyril Ramapahosa moet volle verantwoordelikheid neem vir die Digital Vibes-korrupsieskandaal aangesien hy bewus was van die bewerings ten tye van die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se bedanking en hom selfs bedank het vir sy diens. Die DA se skaduminister van gesondheid, Siviwe Gwarube, sê in ag genome die vrystelling […]

Read More

Namibiese filmbedryf opgewonde oor moontlikhede - September 29, 2021

Caillin Basson, ‘n Namibiese filmmaker, het gereageer op President Hage Geingob wat samesprekings met Amerikaanse kongreslede by Capitol Hill in Washington DC gehad om ekonomiese ontwikkeling tussen die VSA en Namibië te ontsluit. Die vergadering het gefokus op geleenthede om Namibië as bestemming vir rolprentmakers te bemark en Namibië se filmbedryf te ontwikkel. Basson sê […]

Read More

Alle universiteite in Afghanistan gesluit - September 29, 2021

Die nuwe kanselier van die Universiteit van Kaboel in Afghanistan het sy hande vol gehad om ’n “misverstand” op te klaar oor of vroue die universiteit verbied word. Die storm het losgebars om die kop van Mohammad Asjraf Ghairat, wat deur die Taliban aangestel is, nadat verskeie nuusagentskappe op grond van een van sy twiets berig het dat vroue (studente en personeel) die universiteit […]

Read More

Tien intensiewesorgeenhede gaan in Namibiese staatshospitale gebou word - September 29, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie gaan intensiewesorgeenhede by tien gesondheidsfasiliteite bou, het die uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, gesê. Tans is daar net hoësorgeenhede by die Onandjokwe-hospital in die Oshikoto-streek, Oshakati in die Oshana-streek en die Windhoek Sentrale hospitaal. Nangombe het gesê die Keetmanshoop-staatshospitaal gaan in Oktober ‘n eenheid kry en daarna Katima Mulilo-staatshospitaal, en die staatshospitale op Outapi, Otjiwarongo, Gobabis, Mariental, Engela, Opuwo en Nankudu in Kavango-Wes. 

Read More

NWR bied geakkrediteerde kursusse aan - September 29, 2021

Namibia Wildlife Resorts se ruskamp in Khorixas en sy Gross Barmen-oord bied nou vyf geakkrediteerde kursusse in die gasvryheidsbedryf aan. Volgens NWR is dit reeds ‘n geruime tyd deel van sy strategiese plan om amptelike opleiding fasiliteite te wees vir toerisme en gasvryheid in die land. Dr. Matthias Ngwangwama, die besturende direkteur by NWR het […]

Read More

Veldbrande: dis nie net die houtskoolbedryf nie - September 29, 2021

Die houtskoolbedryf kry gereeld die skuld vir die talle veldbrande wat die afgelope tyd regoor die land voorgekom het. Kundiges het voorspel dat Namibië vanjaar ‘n rekord brandseisoen sou ervaar as gevolg van die goeie reënseisoen. ‘n Plaaslike landbou-kenner en kundige in die gebied van houtskool-produksie, dr. Dagmar Honsbein meen daar is talle ander boerdery-aktiwiteite […]

Read More

Dink voor jy inskep… - September 29, 2021

Vandag word die Internasionale Dag vir Bewustheid oor Kosvermorsing herdenk. Die gewilde Namibiese sjef, Sanet Prinsloo… Daar word beraam dat 14 persent van die voedsel in die wêreld verlore gaan in die waardeketting en die VN sê ‘n derde van al die voedsel wat internasionaal geproduseer word, word vermors of weggegooi deur verbruikers. Dis ongeveer […]

Read More

Opknapping van regeringseiendom onder die soeklig - September 29, 2021

Die meeste regeringshuise en openbare infrastruktuur is in ‘n vervalle toestand is vir jare nie opgeknap nie. Volgens Julius Ngweda, hoofskakelbeampte van die ministerie van werke, het hulle reeds begin om ‘n paar regeringshuise op te knap, maar weens onvoldoende fondse, vorder dit stadig. Hy sê kabinet het goedgekeur dat sommige eiendomme wat opgeknap word, […]

Read More

Dit maak sin dat vierde vlaag na Kerstyd kom – Haufiku - September 29, 2021

Daar is baie menings uitgespreek oor ‘n vierde vlaag van Covid in Namibië wat sommige kenners meen sal voor die einde van die jaar die land tref. Ander meen weer dat dit meer sin maak dat gevalle sal toeneem na die Kerstyd met mense wat reis en ook bymekaar kom tydens die vakansie. Kosmos 94.1 […]

Read More

Bek- en klou het reeds 5 000 bees besmet, 150 vrek - September 29, 2021

Berigte uit die Zambezi-streek lui dat 150 bees reeds gevrek het met meer as 5 000 diere wat besmet is met die serotipe-0 bek- en klouseer wat uitgebreek het. Dr. Albertina Shilongo, direkteur van veeartsenydienste in die landbouministerie sê die diere vrek as gevolg van honger en dors omdat hulle glad nie kan vreet of […]

Read More