
Brandstofprys kan weer styg - October 12, 2021
Daar word verwag dat daar nog ‘n petrolprys verhoging kan plaasvind met die olieprys wat skerp gestyg het. Brent verhandel op die oomblik teen rondom 83 Amerikaanse dollar en 50 sent ‘n vat. Robert McGregor van Cirrus, verduidelik dit so… Op die oomblik is olieproduksie vlakke op die vlakke wat tydens die hoogte van die […]
Blinde uil-peetma Hediwg maak 11 kuikens groot - October 12, 2021
Die stigter van die Uilsentrum in Hartbeespoort in Noordwes sê hulle ondervind ‘n toestroming van gevlekte arenduilkuikens wat gered is. Brendan Murray sê 11 van die kuikens is by een van die uil-mammas, Hedwig, geplaas. Sy het reeds talle wees-uilkuikens grootgemaak. Hy verduidelik Hedwig wou vir drie weke nie die kuikens laat gaan nie en […]
Merck vra goedkeuring vir sy Covid-pil - October 12, 2021
Die medisynevervaardiger Merck het die Amerikaanse voedsel-en-dwelmadministrasie versoek om sy teenvirale pil teen Covid-19 goed te keur. Indien dit aanvaar word, sal dit die eerste tablet wees waarmee Covid-19 behandel word. Mense sal die pil tuis kan neem om hulle simptome te verlig en herstel te bevorder en sodoende die druk op Amerikaanse hospitale verminder. […]
So word Wêreldbevolkingsdag gevier - October 12, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Sizulu en haar departement herdenk vandag Wêreldbevolkingsdag met die tema “Rights and Choices, Youth Demographic Dividend”. Die viering is ‘n vennootskap tussen die departement en die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds en wil bewustheid skep oor die belangrikheid van bevolkings- en ontwikkelingverwante kwessies. ‘n Woordvoerder van die departement, Lumka […]
Natuurlik kan Mabuyane homself verdedig, maar die saak is goed ondersoek - October 12, 2021
Die Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, sê dit is die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, se reg om die howe te nader oor haar bevindings teen hom. Die Openbare Beskermer het bevind die premier het voordeel getrek uit die 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir die gedenkdiens van die wyle Winnie Madikizela-Mandela bedoel was. […]
Khatri sê meisie van 16 was baie ervare - October 12, 2021
Die Pakistanse sakeman en bestuurder van Jan Japan in Walvisbaai Farhan Khatri het weer in die hof verskyn op ‘n klag van mensehandel en verkragting. Een van die skoonmakers by die maatskappy, Beverly Kamongua het volgens die staat ‘n meisie aan hom voorgestel nadat hy haar op ‘n video op Kamongua se selfoon gesien het. […]
Struwelinge in die Whk-stadsraad, Mayumbel wil waai - October 12, 2021
Die Independent Patriots for Change word daarvan beskuldig dat hulle gepoog het om die waarnemende uitvoerende hoof van Stad Windhoek, George Mayumbelo, te verwyder. In ‘n brief aan die IPC se raadslid en voorsitter van die bestuurskomitee, Ndeshihafela Laranja, het Mayumbelo gesê daar was verskeie pogings om hom uit sy pos te verwyder. Volgens berigte […]
Eksamens effe later vanjaar - October 12, 2021
Ná ‘n lang jaar wat Namibië se onderwysstelsel onderbreek en ontwrig is deur die tweede en derde Covid-vlaag, het skole uiteindelik weer begin en leerders berei voor vir die eindeksamens. Die onderwysministerie moes die skoolkalender verander om al die werk in te pas wat ingehaal moes word. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur in die onderwysminsiterie, het […]
Mecki sê vleisbedryf moet beskerm word - October 12, 2021
Die sakeplan vir ‘n private beesuitvoer-abattoir is bykans gefinaliseer en die Forum vir die Beesvleis sal binne weke na beleggers uitreik. Die waardeketting is op die punt om hul planne vir winsgewende uitvoerabattoir ‘n werklikheid te maak. Hulle sal reeds in die komende weke na beleggers uitreik, terwyl gesprekke met oorsee geleenthede dui. Mecki Schneider, […]
Numsa en kie ruk op na SAL-kantore - October 12, 2021
Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, en lede van die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging, gaan vandag by SAL se kantore in Johannesburg betoog om die kollig te plaas op probleme met die nuwe lugdiens. Die lede is gegrief oor die feit dat soveel van die ou SAL-probleme na die nuwe lugdiens oorgedra is. ‘n Woordvoerder van Numsa, Phakamile […]