
Geingob sluit aan in Glasgow - November 1, 2021
Die internasionale nuustoneel gaan die volgende twee weke oorheers word deur die 26ste Verenigde Nasies se klimaatsveranderingskonferensie of te wel COP26. Die Britse LP, Alok Sharma is die president. Die presidentskap roteer tussen vyf streke. Sharma het op ‘n positiewe noot begin met die woorde “Ons weet wat ons moet doen, kom ons doen dit”. […]
Inentings selfs in Antarktika - November 1, 2021
Covid-19-entstof het by Australië se Casey-navorsingsentrum in Antarktika aangekom. Entstof gaan ook by die Davis- en Mawson-navorsingstasies afgelewer word. Dit sal wetenskaplikes en ander spanlede in staat stel om ingeënt te word voor hulle huiswaarts keer. Australië se grootste stede, Sidney en Melbourne, gaan van môre af ten volle ingeënte burgers wat van die buiteland […]
Vragmotorbestuurders moet versigtig wees by Usakos - November 1, 2021
TransNamib is bekommerd oor die ongelukke wat by hulle Usakos-stasie plaasvind. Volgens Abigail Raubenheimer woordvoerder van TransNamib is die naweek se ongeluk die tweede een by dié stasie en sy sê dié vragmotorongelukke raak hulle bedrywighede.
Vroue-bokspan is gereed vir Europa - November 1, 2021
Die afrigter van die Vroue-Springbokspan, Stanley Raubenheimer, sê hy sien uit na ‘n uitdagende toer na Europa. Die span speel volgende Saterdag teen Frankryk in Vannes voor hulle Wallis in Cardiff aandurf. Van daar reis hulle na Engeland vir oefenwedstryde teen die Rose. Hulle hoop om hul toer op ‘n hoë noot af te sluit […]
Neka eis Ya Nangoloh verskoning - November 1, 2021
Die Namibia Exile Kids Association, bekend as Neka, het sy misnoeë uitgespreek oor Swapo se besluit weer lidmaatskap aan die omstrede Phil Ya Nangoloh toe te laat. Neka wil weet hoe die party homself so kan verneder. Ya Nangoloh het die afgelope jare baie kritiek teen die stigterspresident Sam Nujoma uitgespreek en ook aantygings gemaak […]
Macron sê Morrison het gejok - November 1, 2021
Frankryk se president, Emmanuel Macron, beweer Australië se eerste minister, Scott Morrison, het vir hom gejok oor die duikbootooreenkoms met Amerika en Brittanje. Media berig Macron was woedend nadat Australië sy ooreenkoms gekanselleer het vir die bou van 12 duikbote, en in die plek daarvan ‘n nuwe transaksie – die sogenaamde Aukus-ooreenkoms – met Amerika en Brittanje aangegaan het. Morrison sê hy […]
Stemlokale is veilig – Cele - November 1, 2021
Suid-Afrikaners gaan vandag na die stembus vir die buurland se plaaslike owerheidsverkiesings. Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, is vol vertroue die polisie kan wet en orde handhaaf terwyl soldate help om sleutel infrastruktuur oral in die land vandag te beveilig. Die polisiediens en ander wetstoepassingsagentskappe is gereed om te verseker niemand word […]
Polisie soek steeds na aanvallers van Swakop-pensioenaris - November 1, 2021
Die Namibiese polisie is steeds op soek na die verdagtes, in verband met die aanval op ‘n 73-jarige dokter van Swakopmund. Die publiek word ook versoek om op die uitkyk te wees vir die slagoffer se rooi Volkswagen Polo Vivo, registrasienommer N 1198 R, waarin die verdagtes gevlug het. Dr. Sean de Jager is gewelddadig […]
Shanghala en kie weer in hof vir borg - November 1, 2021
‘n Nuwe borgaansoek deur van die Fishrot-beskuldigdes is neergelê vir verhoor van vandag tot 12 November. Regter Shafimana Ueitele hoor die aansoek aan. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Volgens berigte sê die groep die ondersoek is afgehandel en hulle meen die staat kan moontlik inmeng met […]
AR gaan hof toe oor vakbond-registrasie - November 1, 2021
Die Affirmative Repositioning-beweging sê hy gaan die Arbeidskommissaris hof toe sleep oor wat hy beskryf as ‘n vertraging in die registrasie van die beweging as ‘n vakbond. Die beweging se prokureur Kadhila Amoomo sê hulle het reeds op 29 Januarie vanjaar die aansoek ingedien. Volgens hom is die nodige aanpassings aan die beweging se grondwet, […]